16 vas wat glo verpleegskool aan die brand steek

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie in Limpopo het 16 mense in hegtenis geneem nadat ʼn verpleegskool in Glen Cowie verlede week tydens gewelddadige betogings aan die brand gesteek is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes is tydens ʼn spesiale operasie in die gebied vasgetrek. Hulle is sal Vrydag in die Nebo-landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

Maroela Media het vroeër berig kamers by die verpleegskool by die St. Ritas-hospitaal is verlede Woensdag deur vlamme verswelg. Otto het gesê inwoners is ongelukkig omdat hulle beweer mense van Polokwane word by die verpleegskool opgelei, terwyl die jeug van die gemeenskap swaar kry. Niemand was in die gebou ten tyde van die brand nie en geen beserings is aangemeld nie.

Tydens die betoging het woedende inwoners ook paaie met klippe en ʼn groot skeepshouer wat aan ʼn selfoonmaatskappy behoort, versper.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anargis ?? ·

Hoe anders moet werk vir hierdie anargiste geskep word? Hul het/kan niks anders doen!

Meraai ·

Die moraal van die storie is……..nou word niemand opgelei nie!!! Hoe tragies is die redenasievermoee van hierdie mense nie. Hou net om hemelsnaam op afbreek en probeer om jou standpunt op ‘n meer kreatiewe wyse stel….daar is altyd ‘n manier!!!!

carol ·

Die hele land word daagliks af gebrand! Korrupsie , dienslewering , werkloosheid , moord geen respek vir waardes vir enige vorm van lewe! Net n kwessie van tyd dan is hierdie pragtige land n hopie as….. Geen politieke party kan so n groot brand blus nie!!!!

Belinda ·

Geen iets nuuts nie more wod daar net weer materiaal voorsien en whala daar word weer en weer en weer een gebou…………………….geen waarde heg hulle aan niks en niemand!

Mike de Beer ·

jy brand die plek af waar jy hoop jou gemeenskap geholpe sal raak? Dis tog sinloos want nou het jy, jou gemeenskap en diegene wat “ingevoer” word niks nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.