16 verloor lewe op Wes-Kaapse paaie

Die sewe oorledenes op die N1 in Limpopo het in die taxi verkool. Foto: Twitter

Verkeersbeamptes in die Wes-Kaap sê die dodetal op die provinsie se paaie het teen laat Sondagmiddag op 16 gestaan.

Van die sterftes het 12 in botsings in die Kaapse Skiereiland voorgekom en die orige vier aan die Weskus en in die Overberg.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, maan motoriste om versigtiger te bestuur en nie agter die stuurwiel in te klim nadat hulle gedrink het nie.

In die loop van 2017 is 1 315 mense in ongelukke op die provinsie se paaie dood, vergeleke met 2 374 in 2016.

Intussen is die N1 tussen Kranskop en Mookgophong in Limpopo vir verkeer heropen nadat sewe mense daar in ʼn grusame ongeluk gesterf het, berig EWN.

Luidens berigte het die sewe mense gesterf nadat die taxi waarin hulle onderweg was, met ʼn vragmotor gebots het, naby waar 40 mense in September dood is toe hul bus in ʼn ongeluk betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Roos ·

Latere berigte sê Volvo sedan en nie taxi. Verkeer is op die ou pad herlei en van die motoriste het wetteloos deur die bosse en oor heinings gery om op die N1 terug te kom. Nou wonder ons hoe die nare ongelukke gebeur. Dis beslis nie die pad se skuld nie!

pieter ·

verbied vragmotors na 6 uur in di aand op ons paaie ,laat di ouens rus kry hul spandeer lang ure op di pad .kyk hoeveel ongelukke was da waar vragmotors betrokke was di afgelope tyd ek gee niemand di skuld nie maar di ouens kry ni genoeg rus nie,ek dink di departement moet hiedie ouens se tye ondersoek

Nettie ·

@pieter …. ek dink ook nogal verpligte rustye vir die langafstand bestuurders kan werk om vragmotorongelukke te voorkom. Baie van die vragmotors is deesdae onder “constant satellite surveyance”, so hul beweging kan gemonitor word. Verplig die ouens om elke 2-4 uur te rus en moenie toelaat dat hulle ná 22:00 en voor 06:00 bestuur nie. Maak seker elke ou se “papiere” is 100% reg. Dan moet ons verbruikers maar net geduldig wees, as voorraad nie so gereeld by hul bestemmings uitkom nie. Beter nog: kry die Spoorweë weer wat dit was, maar dan is daar weer 1000’e vragmotorbestuurders wat sonder werk sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.