16 vuurwapens op plaas gesteel

Argieffoto

Die polisie is op soek na drie persone wat by ʼn huis op Matekula-plaas in Waterval-Boven in Mpumalanga ingebreek en 16 vuurwapens gesteel het.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê drie mans het op 10 Mei glo by ʼn venster ingebreek en die eienaar van die huis met ʼn vuurwapen gedreig. “Hulle het hom aan ʼn stoel vasgebind en het toe ʼn koevoet uit die werkswinkel gaan haal,” het hy verduidelik. “Die mans het daarna ʼn venster van ʼn nabygeleë huis, wat aan die slagoffer se broer behoort, oopgebreek. Hulle het die huis geplunder en op twee kluise afgekom.”

Volgens Bhembe het hulle die twee kluise oopgebreek en jaggewere, haelgewere, ʼn pistool en ammunisie gesteel. “Hulle het al die vuurwapens, ʼn televisie en ʼn rekenaar in die slagoffer se motor, ʼn Volvo met registrasienommer HCN 528 MP, gelaai, voor hulle van die toneel gevlug het.”

Enigiemand met verdere inligting word versoek om ao Raymond Mammaila te kontak by 072 023 1542.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Michael ·

Wie gee die skurke die inligting van plase huise wat wapens het . Gaan ondersoek die departement wat lisensies uitreik. Dit is net baie snaaks!!!!!!!

Chris Ws ·

Ek moet saamstem met Michael dat dit tyd geword het om die vuurwapenlisensierings takke waar vuurwapenlisensie registers gehou word te ondersoek.Inligting lek daar uit.

Jane ·

Dit is nie net die polisie se vuurwapenlisensie afdeeling waar inligting kan uitlek nie.Baie mense het nog steeds huishulpe wat presiese inligting kan verskaf. Dit wil nie se elke huishulp werk saam met kriminelle nie. Hulle kan net gedreig word van kriminelle om inligting te verskaf.

Anoniem ·

Frikkie Geld en Huis of geld en huis, as jy dan nou tegnies korrek wil wees. ;-)

Haan ·

Hy kon die slotte uit sy gewere gehaal het. Hy kon die twee kluise van mekaar geskei het. Hy kon sekere gewere versteek het. Hy kon n wapen byderhand gehou het… Punt bly staan dat sekere burgers, veral die oues, dink ons leef nog in Verwoerd se SA.
Sterkte, ek hoop julle vang die bliks*ms

Kannaland ·

Ja, boere moet onder omstandighede baie meer doen om wapens te beskerm. Baie moorde gebeur reeds om wapens te gaan haal. Plase moet nie meer as n wapen ATM gesien word deur misdadigers nie.

Anoniem ·

Mense kan baie goed doen maar die feit van die saak bly staan, berus die onus by ons om al hoe meer maatreëls in werking te stel om ALLES agter slot en grendel te hou of moet die regering ‘n ruggraat begin kry en misdaad bekamp? Los die ou mense tog maar uit want hulle maak jóú niks nie!

C ·

Sjoe Haan, dit klink mos nou maklik genoeg. Op die einde van die dag staan ons huise vol kluise. Die berig verwys nou ook nie of die inbraak in die dag of nag was nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.