160 motoriste vas oor bedrog, korrupsie

Argieffoto (Foto: marionberaudias, Pixabay)

Argieffoto (Foto: marionberaudias, Pixabay)

Meer as 160 motoriste staan tereg op aanklagte wat verband hou met bedrog en korrupsie nadat hulle in hegtenis geneem is omdat hulle met vervalste rybewyse bestuur het, het die Padverkeerskorporasie (RTMC) Saterdag gesê.

“Wetstoepassers was hierdie feesgety op ʼn hoë gereedheidsgrondslag geplaas om bedrog en korrupsie te bekamp in ʼn poging om nakoming met padregulasies te verseker en noodlottige ongelukke te voorkom,” het Simon Zwane, woordvoerder van RTMC, gesê. “ʼn Taxibestuurder wat na bewering probeer het om ʼn anti-korrupsiebeampte, wat in gewone klere gewerk het, om te koop, is in Johannesburg in hegtenis geneem.”

Zwane het gesê ʼn metropolisiebeampte is verlede naweek in hegtenis geneem nadat sy ook tydens ʼn padverkeersoperasie probeer het om omkoopgeld te bekom.

Hy het gesê voorvalle van bedrog en korrupsie kan by 0861 400 800 aangemeld word.

Minstens 805 000 voertuie is sedert 1 Desember by verskillende padblokkades dwarsoor die land afgetrek. “Meer as 1 660 bestuurders is in hegtenis geneem vir dronkbestuur, 276 vir oorlading, 199 vir te veel passasiers wat vervoer is en 117 wat buitensporig vinnig gery het,” het Zwane bygevoeg.

Die persoon wat die hoogste spoed aangeteken het, was ʼn motoris wat in sy Porsche meer as 220 km/h in ʼn 120 km/h-sone op die N1 gery het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cindiloo ·

Hoe wettig is dit? .Amy Blignaut > Nelspruit/Witrivier Junk Mail
Bestuurs Lisensies
R1,500 — Pretoria, South Africa
Ek kan jou help om enige lisensie in n dag se tyd te kry,van kode 8 tot 14 met pdp bike lisensie ook.Prys R1500 per lisensie wassap my landwyd op 079 780 3110

Berhalet Beukes ·

Goed so.. Tyd dat sulke advertensies uitgelig word!

Peet Schabort ·

Alles goed en wel en het hierdie pogings wel ‘n invloed op ongelukke. Tog blyk dit asof daar aan die trompop botsings geen keer is. Daar is ‘n ander skroef los waarvoor die owerhede skynbaar nie ‘n oplossing het. Daar is ‘n gebrek aan korrekte padgedrag en GEDULD en VERDRAAGSAAMHEID teenoor ander motoriste.
Gaan na die skole en begin daar met opleiding sodat die kleintjies vir pa/ma kan betig wanneer daar onverskillig bestuur word.

Johann Marx ·

Jy’s absoluut reg, Peet. Ons kinders word op 17 jaar oud gevat vir K53 opleiding. Dan slaag hulle die toets, kry ‘n lisensie, en van daar af is hulle omring deur idiote wat geen idee het van verkeersreëls nie jaag net soos hulle wil, voertuie laai tot hulle aste op die grond sleep, onpadwaardige voertuie bestuur met passasiers in, en die een ongeluk na die ander veroorsaak. Binne twee weke nadat ‘n kind sy K53 toets geslaag en sy of haar bestuurslisensie gekry het, bestuur hulle net soos dit wat hulle elke dag sien!!

Rupert Ashford ·

Jy weet wat die antwoord is Peet. Spoed, geelstreep ry ( dat mense deesdae moet geepad as die ou wat te vinnig ry hom inhaal), ligte flits en dan teen aankomende verkeer verbysteek en dan is die onus op die aankomende ouens om die ongeluk te vermy. Wie doen dit nie?

Johann ·

Die sukes is gebore om in die weluste van die vlees te lewe en te sterwe. Hoe verander ou die demone?

CHRISTA ·

Ek wil net weet wat word van hierdie verkeerspolisie NA die skoolvakansies. Hulle verdamp soos varkmasels!!! AS jy iemand op die pad kry en ‘n problem probeer aanmeld WEIER hy om jou te help want jy het hom NIE GEGROET NIE!!! Drie dae daarna word jou motor afgeskryf want ‘n vrou weier om te wag totdat jy verbyry voordat sy regs draai!! Dit het met my in Greenstone, Edenvale gebeur. Die offisier by wie ek wou aanmeld dat ‘n motoris deur ‘n rooi verkeerslig gery het en amper in my vasgery het was D D Britz!! Hy het geweier om eers na my probleem te luister!! Stel jou voor: jy is nog in skok, en ‘n verkeersbeampte behandel jou so minagtend!!! Dalk moes ek hom ook eers iets betaal het sodat hy na my kon luister!!!

Henk ·

vir sulke onbenullighede word mense toegesluit. ‘n minister en sy rampokkerbende wat ‘n man dood gery het, loop nog op vrye voet?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.