160 rondloperhonde doodgeskiet

Argieffoto (thomaspedrazzoli, Pixabay)

Argieffoto (thomaspedrazzoli, Pixabay)

Altesaam 160 rondloperhonde is in Bulawayo doodgeskiet in ʼn poging om die verspreiding van hondsdolheid te voorkom.

Owerhede in Zimbabwe is besig met ʼn veldtog, “Operation Tie Up Order”, ondanks ʼn hewige reaksie van dierebeskermingsaktiviste.

“Ons het reeds 160 honde van kant gemaak en hoop om nog rondloperhonde dood te skiet,” het Edwin Sibanda, senior gesondheidsbeampte in die Bulawayo-stadsraad, aan die Chronicle-koerant gesê. “Ons het die veldtog tydelik opgeskort weens ʼn tekort aan patrone, maar ons het weer ons werk hervant. Ons besef dat ons nou net ʼn paar rondloperhonde in die stad het, en dit is goed.”

Aktiviste het veral die gebruik van vuurwapens om die hondeprobleem op te los, veroordeel. Hulle het gesê die honde moet gevang word en dan medisinaal van kant gemaak word. Hulle het bygevoeg dit is ʼn gevaar vir die inwoners om net vuurwapens in die openbaar te gebruik.
Bron: Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nicolette ·

BARBAARS VERBY.God het diere ook gemaak en hulle het die reg om te lewe.Dit is mense se skuld dat daar rondloper honde is want hulle word nie reg versorg nie en hulle word NIE GESTERILISEER NIE.

Nina ·

Barbare! As jul sleg mense na hul diere kyk, sal dit nie nodig wees nie! Tipies!

Helena ·

Vieslike barbare. Ek is seker elke skoot is nie ñ dood skoot nie. Jig ek wil nie eers daaraan dink nie. Dis hulle skuld dat daardie diere rondloop!

Elfie ·

1. Maak sterilisasie wetlik verpligtend (sommer hier ook, hier is GANS te veel arme mishandelde, beseerde, honger rondloper diere). 2. Maak seker alle diere word inge-ent teen hondsdolheid (sover ek weet is dit wetlik verpligtend in ons land maar mense doen ook maar nie) en volg ‘n plan waarby na “rural” areas gegaan word en die staat alle diere inent. So amlik soos nee, nie so maklik soos een, twee, drie nie, so maklik soos een, twee!

Jimmy Grundlingh ·

My mening is dat dit meer barbaars is om toe te laat dat sulke diere aanhou ly en swaarkry. En dat mense blootgestel moet word aan die gevaar wat sulke diere inhou. Moontlik drasties, moontlik hartseer maar waarskynlik beter vir almal op die lang duur.

Eliza-beth ·

Jip, die Engelse gesegde “sometimes you have to be cruel to be kind” is hier van pas. Sterilisasie is ‘n goeie begin maar ja… kyk hoe gaan dit hier ter plaatse! Ek kry pal e-posse van dieresorgorganisasies om te help met skenkings. Hulle tel pal arme mishandelde beseerde onversorgde en honger diere op – veral by Diepsloot. Dan moet die wittes maar weer uithelp met geld ne.. laat ek liefs niks meer sê nie.

Christine Hahn ·

Hondsdolheid is ‘n verskriklike siekte en rondloper honde is in Afrika die hoof bron van menslike infeksie. Om te sê die honde moet gevang word en ingespuit word is ondeurdag – dan stel jy mense onnodig bloot aan moontlike oordrag. Skiet net om dood te skiet. Dood is dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.