165 000 doen reeds aanlyn aansoek

Klaskamer_bord_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Meer as 165 000 aansoeke vir voornemende gr. 1 en gr. 8-leerders is Vrydag suksesvol deur die Gautengse departement van onderwys se aanlyn aansoekstelsel verwerk.

Die stelsel het vroeër vandag probleme met Google Maps ondervind wat ouers verhoed het om skole van hul keuse aan te dui aangesien die stelsel nie die betrokke skole kon opspoor nie.

Luidens ’n kennisgewing van die departement Vrydagoggend het Google Maps hom tydelik van sy stelsel verwyder omdat die aanlyn aansoekstelsel ’n maksimum van 6 000 versoeke per minuut bereik het. Die probleem is egter kort daarna opgelos en ouers kon om 09:15 met hul aansoeke voortgaan.

“Ons vra ouers en voogde opreg om verskoning vir die ongerief wat hulle ondervind het toe ons stelsel vir aansoeke oopgemaak het. Ons bedank ons ​​tegnici dat hulle die saak vinnig opgelos het, wat die departement in staat gestel het om ’n groot aantal suksesvolle aansoeke op die heel eerste dag te verwerk,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, gesê.

Aanlyn inskrywings sluit op 9 Augustus om middernag.

Ouers word versoek om vir hul kinders in gr. 1 en gr. 8 by minstens drie Gautengse skole aansoek te doen. Aansoeke kan tot by ’n maksimum van vyf skole ingedien word.

Maroela Media het vroeër berig die stelsel sal vanjaar een aansoekproses volg. Aansoekers sal dus gelyktydig vir die toelating van gr. 1- en gr. 8-leerders aansoek kan doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek sal hierdie hanteer soos ek die tolhek betaling hanteer het my kinders gaan na die skool in die Wyk wat ek in bly en basta geen rassis al is hy n minister gaan my meer voorse nie.

domheks ·

cANCer kan maar net mooi NIKS ordentlik en reg doen nie! Shame on you old lesufueeee!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.