17 behandel ná gaslekkasie

Argieffoto (Foto: Hans, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Hans, Pixabay)

Altesaam 17 persone is Donderdagmiddag na ʼn hospitaal geneem ná ʼn beweerde gaslekkasie by ʼn onderneming in Meyerton, Gauteng.

“Paramedici van ER24 en die brand- en reddingsdiens het reageer,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, gesê. “Persone is uit die gebou ontruim.”

Volgens Bodasing het die pasiënte gekla van verskeie simptome, waaronder hoofpyn, asemnood, naarheid, vomering en duiseligheid.

“Die pasiënte is op die toneel ondersoek en behandel. Hulle toestand het gestrek van gering tot matig. Hulle is na verskeie hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karolis ·

Foutjie by Mev. Bodasing se naam. Is sy nie Christa nie?
“Persone” is uit die gebou ontruim maar pasiënte word behandel. Klink nie heeltemal reg nie.
Enige rede waarom die betrokke onderneming se naam verswyg word?

Sune van Heerden ·

Dagsê Karolis

Nee, haar naam is inderdaad “Chitra Bodasing”, dit is nie ‘n spelfout nie.
Dit is slegs die persone wat beserings opgedoen het, die pasiënte dus, wat behandel is.
Die naam van die betrokke onderneming was nie bekend toe die berig gepubliseer is nie. Geen verdere inligting is tot dusver bekend gemaak nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.