17 beseer toe taxi omslaan

Minstens 17 mense is beseer toe ’n minibustaxi Dinsdagoggend in Greenwood Close in Southbridge, KwaZulu-Natal, omgeslaan het. (Foto: Rusa)

Minstens 17 mense is beseer toe ’n minibustaxi Dinsdagoggend in Greenwood Close in Southbridge, KwaZulu-Natal, omgeslaan het.

Niemand is tydens die voorval dood nie en geen ander voertuie was by die ongeluk betrokke nie.

ʼn Gedeelte van die pad was wel vir ʼn gedeelte van die oggend vir verkeer gesluit.

Luidens ’n verklaring deur die Reaction Unit of South Africa (Rusa), het paramedici met hul aankoms op die toneel ’n wit Toyota HiAce op sy sy aangetref.

“Sestien passasiers en die bestuurder het wydverspreid op die toneel gelê en matige beserings opgedoen.

“Die beseerdes is deur Rusa asook staatsambulanse na nabygeleë hospitale vervoer.”

Volgens Rusa beweer die bestuurder dat hy vir ’n aankomende voertuig uitgeswaai het.

“Volgens ’n passasier het die taxi se remme egter onklaar geraak.

“Nie een van die weergawes kon geverifieer word nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hardekwas

Gebede word tog gehoor.

Dup

Toyota Hi-Ace bussies word gereeld op hulle sye of dakke aangetref.Ek dink dit is of so ontwerp of dit kan n fabrieksfout wees.Miskien is die wiele op die verkeerde plek,wie sal nou weet.Word nie verniet missiele op wiele genoem nie……

Kleinboet

Sewentien?!?!?!
Die voertuig mag volgens wet maksimum elf mense vervoer!
Gooi die bestuurder in die tronk, hou hom daar, en kla hom aan vir poging tot moord.

Kleinboet

Sit vir alle taxi’s en busse “black boxes” en/of “dashboard cameras” in. Dan weet ons gouer wat die drywer gedoen het.

Nie Verbaas

Dit gebeur en sal aanhou gebeur wanneer n regering beheer verloor het op padgebruikers. Mooi so Mbalula, sit down before you get in.