17 beseer toe taxi tolplaza tref

Die taxi wat op 15 Januarie 2016 'n betonversperring by die Mvoti-tolplaza in KwaZulu-Natal getref het Foto: ER24

Die taxi wat op 15 Januarie 2016 ‘n betonversperring by die Mvoti-tolplaza in KwaZulu-Natal getref het Foto: ER24

Minstens 17 persone is beseer tot ʼn taxibestuurder Vrydagaand in die betonversperrings by die Mvoti-tolplaza op die N2 naby KwaDukuza, KwaZulu-Natal, vasgegry het.

“Daar het chaos geheers toe paramedici by die toneel opgedaag het,”het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Een persoon moes deur die brand- en reddingsdiens uit die taxi gehaal word.”

Die taxibestuurder en ander pasiënte het van geringe na kritieke beserings opgedoen. “Hulle is na verskeie hospitale geneem.”

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend. Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

GES ·

Dit klink na ‘n oorlaaide taxi met ‘n roekelose bestuurder wat beheer oor die voertuig verloor het in ‘n poging om voor in die ry in te druk.

Peet Schabort ·

Ek verneem ‘n persoon met st.3 het die telwerk gedoen . . .
Dalk is GES tog reg?

Berhalet Beukes ·

Dan wonder sommige mense nog waarom die Padongelukke Fonds uitgeput is…

Sarie 2 ·

Nog nie tevore van so-iets gehoor nie… Daar is verseker ‘n eerste keer vir elke moontlike gebeure onder die son! Mens jaag tog nie op ‘n tolhek af nie, jy verminder spoed, want jy moet mos stop om te betaal, of jou kaart deur die masjien te trek…

DPJ ·

Die owerhede weet nie wat die ongeluk veroorsaak het nie nou wil leke hulle medere kennis gebruik om die ongeluk te ontleed wat nie op die ongeluks toeneel was nie. Mooi

Johan ·

1. Waar is die kameras by die tolhek..???.. Seker gesteel..dit sal die probleem uitwys
2. Spoed my maat, hulle ry of 20 of 200…!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.