17 beseer toe taxi’s teen gebou bots

Foto: Netcare 911

Altesaam 17 mense is beseer nadat twee minibus-taxi’s Woensdagoggend teen ʼn gebou in Johannesburg vasgery het.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 07:05 in Houghton Estate gebeur. Volgens Dollman word daar beweer dat een van die taxi’s die ander een verbygesteek het toe hulle albei in die gebou vasgeploeg het.

Paramedici van verskillende ambulansdienste is na die toneel ontbied en 17 mense moes vir verskeie beserings behandel word. “Twee van die mense het matige beserings opgedoen, terwyl 15 ander net geringe beserings gehad het,” het Dollman gesê. Al 17 pasiënte is na verskillende hospitale geneem.

Beamptes van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD) en die brandweer was ook op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

willie ·

wie is verbaas? net verbaas daar is nie meer sulke ongelukke nie, jammer vir die onskuldige slagoffers!

Rika G ·

Hahahaha hoe lekker lag ek nou. Wil mos altyd jaag gee nie om oor ander pad gebruikers nie lekker man.

Reinier ·

Gelukkig staan hulle sommer klaar by “Cash 4 Scrap”. (sien die laaste foto)

Griki ·

Hy hoef hulle nie te betaal vir die scrap nie. Hy moet die geld gebruik om sy gebou te herstel.

neels ·

Ha seker die eerste keer dat daai ou van Cash for scrap soveel scrap op een slag voor sy deur kry . Hy kan maar begin uitmekaar maak dit is wettig voor sy deur gegooi. Toe wen nie een van die twee die wedren na geld nie so hulle is buite aksie vir 48 uur dan is daai bussies weer aanmekaar gelap en jaag weer voort.

Theresa ·

Hul moet alle skade dek. Nie die woord publieke vervoer drywer werd nie. Net die banale taxi-bedryf met al sy misdaad want dis wat dit is om hul op die paaie te sien doen wat hul doen – is ‘n bewys dat die gesig weggedraai word vir geregtigheid. Oneerbiedig teenoor alle ander lewe op en nou ook langs paaie. Dis nie net ‘n blote ongeluk nie – waarvoor gaan hul gearresteer word – weet iemand?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.