17 dood in gru-ongeluk op N1

Die ongelukstoneel (Foto: Departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo)

Sewentien mense is dood en agt beseer in ʼn trompop botsing op die N1 naby die Mookgophong-afrit in Limpopo.

Die bestuurder van ʼn sportnutsvoertuig het glo beheer oor die voertuig verloor nadat ʼn band gebars het, waarna dit teen ʼn Mercedes-Benz-bussie gebots het.

Die bus het in vlamme uitgebars en 16 passasiers wat in die bus vasgekeer was, het doodgebrand. Die bestuurder van die sportnutsvoertuig is ook in die botsing dood. Van die agt mense wat beseer is, het ses ernstige beserings opgedoen, terwyl twee slegs geringe beserings opgedoen het.

Die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo het aanvanklik aangedui dat 12 mense in die botsing dood is, maar die dodetal later na 17 aangepas.

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR van die departement, het haar medelye met die naasbestaandes van die oorledenes uitgespreek en die beseerdes ʼn spoedige herstel toegewens.

Sy het ʼn beroep op motoriste gedoen om hul voertuie voor ʼn reis te laat nagaan en gesê dit is kommerwekkend dat die meeste noodlottige ongelukke op die N1 ʼn algemene oorsaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Tiptol ·

So daar was 25 mense in 2 voertuie? Dis ‘n verskriklike manier om te groet.

Tersia ·

En soos dit vir my klink, was 24 van die 25 mense in die Mercedes-Benz Bussie. Dit is ‘n baie tragiese manier om te gaan.

Perdeby ·

Die SUV is gewoontlik ‘n 7 sitplek die Merc bussi e kon ‘n 12 sitplek gewees het, so ja dit maak sin.

Tersia ·

Gompie, 16 mense het doodgebrand net in die bussie, lees mooi.

SomeOne ·

daardie deel na die N1 kan maar as die pad van doodsbeendere hernoem word, daar gaan nie ‘n dag verby waar daar mense is wat doodgaan nie
onpadwaardige voertuie en bestuurders wat vas aan die die slaap is

piet ·

Nie veel wat jy kan doen as ‘n band op spoed bars nie maak nie saak hoe padwaardig die voertuig is nie. Bly maar ‘n gevaarlike situasie. 17 mense dood, dis erg.

Surfer ·

Wat is die redes hoekom n band bars? Dit gebeur nie sommer nie, min loopvlak, verkeerde drukking, slytasie, beskadiging van sywand, ens.

Misky ·

Ook potholes @George. My ouers het die naweek ‘n noue ontkoming gehad en deur Kestell gery en daar was ‘n vreeslike diep en groot pothole. Area baie reen gehad en jy sien nie die pothole vol water nie. Gelukkig het hulle spoed verminder na 60 km/h, want deur dorpsgebied gery en albei regterbande gebars. As hulle teen normale spoed van 120 km/h gery het, was dit moontlik noodlottig en kon soveel anders uitgedraai het.

KatjieDeKat ·

Ek is so bly jou ouers is veilig!!! Kry skoon hoendervleis.

piet ·

Maklik, ‘n skerp voorwerp (hetsy ‘n ander voorwerp op die pad of selfs die oppervlak van die pad self kan beskadig wees) en dis nag. Maak nie saak hoe nuut jou band is nie.

Johannes_64 ·

Daar is iets wat mens kan doen wanneer ‘n wiel bars, een is byvoorbeeld bestuur die voertuig. Die probleem is soveel mense is nie bestuurders nie, maar net operateurs, het geen idee wat gaan aan wanneer ‘n wiel bars nie.

piet ·

As jy teen ‘n hoe spoed ry en daar is aankomende verkeer wat ook ‘n hoe spoed ry, is jou beskikbare reaksietyd basies zero as die ander kar basies reeds op jou is en jou kar skielik swaai weens die bars van die band. Maak nie saak hoe professioneel jy kan bestuur nie, in daai geval, is daar doodeenvoudig nie kans/tyd om enige iets te doen nie.

Marius ·

Meeste ongelukke is as gevolg van drink en bestuur, roekelose bestuur, minagting van die padreëls en onpadwaardige voertuie. Die verkeerbeamptes word maklik omgekoop om onpadwaardige en oorlaaide voertuie mis te kyk.

Stephanus ·

Weet nie waarna die LUR verwys as sy van “Algemene oorsaak” praat nie. As dit na bande wat bars verwys, moet daar maar na die toestand van paaie gekyk word. Het daardie pad in die verlede gereeld gery en dit was nogal skrikwekkend hoe sperstrepe verontagsaam word terwyl selfs busse die spoedgrens van 120 oorskrei.

Kokerboom ·

Verkeersdepartemente doen nie hul werk!!Probleem in ANC bestel is ALMAL is base en dikteer reels en NIEMAND wil klase wees en werk doen. Voertuiginsdpeksies behoort prioriteit in SA te wees.

Potties. ·

Ek ry die N1 elke vrydag huis toe en maandag weer werk toe (werk in Jhb) daai pad is regtig die pad van die dood daar is baie min wat by die reels hou.

Dawie ·

Ek het die nou al hoeveel keer oor en oor gese, die dat die twee snelweë by mekaar kom, juis een van die grootste probleme. Ek weet van een geval waar ons ook op die snelweg gery het, en ook amper in n ongeluk was deur n motor se band wat gebars het, en ons gemis het nadat hy beheer verloor het. Daar sal iets gedoen moet word aan die middelman van die snelweg.

ameli ·

Ek stem en daai deel voor kranskop van die limpopo se kant af is die bane baie nouer want daar is nie regtig n geel lyn nie. Maak n ordentlike eiland soos na kranskop en met al ons belasting gelde kon hul lankal al n ander pad gemaak het vir trokke en taxis

Katvis ·

Dit is presies waaroor ‘n behoorlike beton barrier op hierdie gedeelte van die N1 reeds jare gelede aangebring moes word maar soos gewoonlik is die regering aan die slaap. Vele sterftes kon al verhoed gewees het

Thelsa ·

Die paaie in ons land is in ‘n haglike toestand met slaggate wat nie juis vriendelik is teenoor bande nie. Met die bydraende faktor van spoed kan dit katastrofiese gevolge inhou.

Hibiscus ·

Daar is niks fout met die toestand van die pad nie, daar word gereeld onderhoud gedoen. Die probleem is onpadwaardige voertuie, die spoedgrens en padreëls wat verontsagsaam word en lakse verkeersbeamptes wat nie hulle werk doen nie, dus in kort die menslike faktor met niemand wat verantwoordelikheid wil neem nie.

Bella ·

Dis eerder tyd dat die paaie reggemaak moet word, sodat ons karre se bande nie bars omdat dit deur die soveelste slaggat gery het nie.

Anel ·

As ons spoorstelsel gewerk het soos dit moes, sou dit nie nodig gewees het om meer mense in taxis en busse te prop as wat nodig is nie. Dan sou daar ook nie die nodigheid gewees het vir soveel swaarvoertuie om langafstande goedere te vervoer nie en dán sou ons paaie ook nie in so ‘n toestand gewees het nie. Maar nou word daar geketm oir die virus maar ongelukke en ander maak meer mense dood. Ai, die logika!

Pietertjie ·

Weereens ‘n dubbel-sperstreep met ‘n geel verdeel-streep op die pad. Hierdie tipe botsings sal al meer voorkom omdat die owerhede geen benul het van wetstoepassing waar dit saak maak nie

Delia ·

Dis die pad van die dood. Kort lankal n versperring tussen die heen en weer verkeer.
Dis vreesaanjaend om daar te ry Polokwane toe as die pad besig is

JohanCzu ·

Die oplossing is eenvoudig en ek het jare gelede al daaroor geskryf toe ek ‘n gemeenskapskoerantjie op Naboomspruit bedryf het. Daar moet ‘n fisiese skeiding tussen die twee helftes van die pad wees.

Fanie ·

Jy kan jou voertuig hoe nagaan soos jy wil, ‘n band wat bars kan op 500km of 50000km gebeur. Kyk eerder na die toestand van ons paaie want die slaggate en swak herstelmetodes help dit aan. Dan ook die kwaliteit van onderdele, insluitende bande waar sommige ingevoerde bande nie aan standaarde voldoen nie of nie geskik is vir ons plaaslike weersomstandighede nie. Stem saam dat daar BAIE onpadwaardige voertuie op die paaie is maar dit is vanweë swak wetstoepassing.
Swak of ongelisensieërde bestuurders is ook ‘n groot probleem maar weereens weens of swak wetstoepassing of korrupsie.

Leesbril ·

As n koerier het ek al gesien hoe einste sportnutsvoertuig 200+ verby mens vlieg oppad Pietersburg toe, daai gemiddelde spoed tussen twee afstande kameras word soos n stopstraat geïgnoreer, dalk werk hulle nie eers nie

Blikkies ·

Dit is vandat daar glad nie meer eerlike wetstoepassing op ons paaie plaasvind nie dat daar so baie ongelukke gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.