17 in hof ná geweld by kerk

Foto ter illustrasie: Pixabay

Altesaam 17 lidmate van die International Pentecost Holiness Church (IPHC) het borgtog van R2 000 elk in die Soshanguve-landdroshof gekry nadat hulle vroeër deur die Valke in hegtenis geneem is.

Die 15 mans en twee vroue, tussen 23 en 62 jaar oud, is vroeg Donderdagoggend op en om Mabopane, noordwes van Pretoria, in verband met moord, poging tot moord en opsetlike saakbeskadiging aangekeer, sê kapt. Ndivhuwo Mulamu, Valke-woordvoerder.

Na bewering het jeuggroepe van gemeentes van die IPHC uit verskillende dele van die land die Mabopane-gemeente in April 2016 besoek, sê Mulamu, en ʼn ontmoeting met die pastoor aan die hoof van die streek versoek om ʼn hofsaak en die opvolgingstryd ná die dood van die vorige senior pastoor, Clayton Modise, te bespreek.

Een van die lidmate het aan sy beserings beswyk.

Blykbaar het ʼn geveg ontstaan en het lidmate mekaar met allerlei voorwerpe begin bestook. Een van die lidmate het aan sy beserings beswyk. Elf is ernstig beseer en na verskeie hospitale in Pretoria gebring. Vier voertuie is erg beskadig tydens die geveg.

Die saak is in Mei vanjaar na die Valke vir verdere ondersoek verwys, sê Mulamu. Met die hulp van misdaadintelligensie is 17 van die 19 verdagtes in hegtenis geneem. Nog twee verdagtes word gesoek en sal na verwagting binnekort in hegtenis geneem word.

Die 17 wat reeds aangekeer is, moet weer op 8 Februarie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Daan Erasmus ·

Kerke is nie meer wat dit was nie. By ons Kerk is daar ‘n werklike kans om dood te gaan. Maar ook net omdat die Kerkraad vergadering voel of dit 2vweke lank aanhou.

Arak ·

Dit is hoe die regering die “regverdiging” gaan kry om kerke te registreer en beheer. Nie meer lank nie een geen kerk sal bestaan sonder die staat se beheer nie.

ES ·

Dit gaan bloot net oor die honderde miljoene wat die kerk van lidmate af kry – en wie beheer oor die geld het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.