17-jarige by skool aangeval

Foto verskaf deur Rusa

ʼn 17-jarige skolier, in graad 9 aan die Trenance Park Secondary School in Verulam in KwaZulu-Natal, is herhaaldelik met ʼn skerp voorwerp aangeval, vermoedelik uit wraak.

ʼn Privaat sekuriteitsmaatskappy, Reaction Unit South Africa (Rusa), het gesê sy inbelsentrum is Maandagoggend omstreeks 08:30 saam met paramedici na die toneel ontbied.

Paramedici het die skolier, van Hazelmere, behandel vir meswonde in sy bors, arm en ribbes. Die skolier het aangedui hy is aan die begin van die kwartaal van Bothas Hill na Trenance Park oorgeplaas.

“Hy het vanoggend naby die snoepie gestaan toe ʼn graad 11-leerder en twee van sy maats hom genader het. Een van die seuns het ʼn mes te voorskyn gebring en hom, sonder enige waarskuwing, herhaaldelik gesteek. Hulle het daarna van die skool gevlug. Ander skoliere het die voorval gesien,” het Rusa gesê.

Die slagoffer voer aan die drie seuns is deel van ʼn bende. Die aanval word vermoedelik verbind met ʼn voorval verlede Vrydag by die skool toe een van die vermeende bendelede die slagoffer daarvan beskuldig het dat hy sy meisie gesteel het.

Die 17-jarige is in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal geneem.

Die vermeende aanvallers is uitgeken en die polisie stel verder ondersoek in.

Die polisie in Verulam het die voorval bevestig en gesê die verdagtes sal in hegtenis geneem word sodra die saak geregistreer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Bekommerd ·

Kom nou ANC. Julle kan os alles beter doen. Maak n plan om die soort van goed te stop. Voor 94 was daar nie sulke goed in skole nie maar julle wou dit nog verbeter. Moet nie net vergader nie, doen iets om dit te stop.

Pieter ·

Die kinders word mos deesdae toegelaat om vir ewig in die skool te wees. En hulle is slimmer as oom Einstein….en soms word hulle geskors. Onderwys in SA is ‘n groot klug.

Asseblief ·

Pieter laat ek jou asseblief reg help. Onderwys is nie ‘n klug nie. Als begin by die huis. As daar nie dissipline by die huis toegepas word nie waar anders gaan dit begin? Dit begin van kleintyd af. Onderwysers moet ongelukkig met 26 tot 40 verskillende persoonlikhede elke dag deal.

willem Botha ·

Die onderwysers word net so geviktimiseer deur die kriminele oud en jonk die probleem is die afwesigheid van die wetstoepassers en die wil om die wet toe te pas

Varkie ·

Onderwys is n klug, matriek beteken niks en in vergelyking met die standaard in ander lande is ons agter

GM ·

17 jaar oud, maar is nou eers in graad 9. En die kanse is goed dat hy eers later in die jaar verjaar ook nog. Is daar nie meer so iets soos verbeteringskole nie?

En om moord te wil pleeg oor ‘n meisie? Hul kyk te veel flieks en speel te veel ‘games’.

Hanna Hoekom ·

Presies! My seun is ook in graad nege en word hierdie jaar 15 jaar oud. Twee jaar maak n groot verskil! Nou wonder mens hoe oud die graad 11 leerder is…

Gemaskerde Sopbeen ·

GM…..Verbeteringskole? Wat wil jy “verbeter”? Om te kan “verbeter” moet daar in die eerste plek die “potensiaal” wees om te verbeter….. Wat neem jy om jou waar?

PJC ·

Ek verstaan nie hoekom moet ń saak eers gerigistreer word voordat die polisie die oortreders in hegtenis kan neem nie. Dit is die eerste keer dat ek van so iets hoor.

Lana ·

Gemaskerde Sopbeen, ek het lank laas so goeie kommentaar gelees!

Pieter ·

Asseblief. Stem saam dat dissipline by die huis begin. Maar onderwys is ‘n klug punt. My seun in graad 10 is saam met twee kinders wat vanjaar 18 word. My dogter in graad 4 moet met haar hande op haar kop detensie sit omdat ‘n paar kinders nie hul huiswerk gedoen het nie ( sys nie een van hulle nie). Ek glo glad nie aan lyfstraf nie, maar daar bestaan deesdae geen manier om kinders in skole by die reels te hou nie. Onnies word gevloek en aangerand.

Gollie ·

Kinders was nog kinders toe ek ‘n kind was .Sub A en standerd 1-10.Ken van respek onderwysers,maagwerkings elke dag van vrees vir ondrwysers,maniere in geslaan .Dankie daarvoor.Alles begin by die huis.Regering van nou te pap.Skors daardie span vir altyd nie tydelik nie.

LM ·

Mense gaan hou eers skool dan praat ons weer. Was 40 jaar in onderwys. Nou met pensioen en geniet dit.

SjN ·

Op 17 jaar , matriek suksesvol gedoen, moes ek al aanmeld vir 2 jaar verpligte militêre diens, kan julle die verskil sien?

marco polo ·

Ek neem aan die maats wat saam met die messteker na hom toe gekom het is nie meer sy maats nie.

Db ·

Het nou eendag gehoor van ‘n wese wat 25 is en nog steeds op skool sit. Waar in jou lewe kan dit gedoen word?

Lana ·

Gemaskerde Sopbeen, ek het lank laas so goeie kommentaar gelees!

At Dippenaar ·

MAROELA – lees mooi wat julle geskryf het. Die hele inbelsentrum van die RUSA sekuriteitsmaatskappy is na die toneel. Telefone en al?

jakes ·

Leerlinge gaan deesdae met messe en vuurwapens skool toe en al vanaf laerskool vlak af. Hulle slaan onderwysers en busbestuurders, het geen respek vir mense of lewe nie. Dit kos nie veel breinkrag om te bepaal waar dit gaan eindig nie. En as hulle nie hul sin kry nie word alles afgebrand en beskadig. Vanaf skoolvlak word dit dan verder voortgesit op universiteit. Gevolgtrekking: derdewereldland.

Kfn ·

Dink net hoe erg sal dit gaan wanneer hierdie perd so 25 jaar oud in graad 12 gaan wees.

ZET ·

Dit is waarom ons nie wil he hulle moet skole met ons kinders deel. Ons ouers
het heeltemal genoeg uitdagings om elke dag te moet hanteer dat ons die
swak invloede ook nog moet trotseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.