17-jarige dood ná skoolbakleiery

(Foto: SA Polisie)

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn 17-jarige leerder in die Geysdorp-omgewing naby Delareyville in Noordwes Woensdag dood is.

Kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, het gesê die noodlottige voorval het gevolg ná ʼn bakleiery tussen twee groepe leerlinge by die Geysdorp Secondary School. Die twee groepe leerders is onderskeidelik van Madibogo en Geysdorp.

“Volgens inligting tot die polisie se beskikking het ʼn groep leerders van Madibogo Woensdag omstreeks 11:30 gemobiliseer waarna hulle met verskillende soorte wapens na die Geysdorp Secondary School is.”

Die leerders het hier gedwonge toegang tot die skool verkry. “Kinders by die skool wat gevrees het hulle is die teiken van die aanval het na ʼn nabygeleë nedersetting gevlug. Die groep het hulle agternagesit en die leerders wat aanvanklik gevlug het, het toe besluit om terug te baklei en ʼn geveg het uitgebreek. ʼn 17-jarige seun van die Madibogo High School is tydens die geveg verskeie kere met ʼn mes gesteek.”

Die polisie is na die toneel ontbied en die 17-jarige is onmiddellik deur paramedici na die Delareyville-hospitaal gehaas. Hy is van hier na die Mahikeng-provinsiale hospitaal oorgeplaas. Hy het egter onderweg aan sy beserings beswyk.

Volgens Tselanyane duur die ondersoek na die voorval voort en is niemand nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval veroordeel en ʼn beroep op lede van die gemeenskap gedoen om saam met die polisie te werk om te verseker dat die verdagtes vasgetrek word en aan die pen ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Doret ·

Hoeveel kinders moet nog sterf voor hulle besef dat kinders binne perke getugtig moet word ons is besig om monsters groot te maak kinders het regte ouers het geen want ons goverment het besluit ek as ouer het nie die reg om my kind groot te maak hulle besluit namens my

Kootjie ·

Ek wil ‘n groot klip in die bos gooi!! Kom ons wees nou bietjie eerlik! Het alles nie versleg en vererger vandat ons as grootmense oumense en ouers nie meer so baie en gereeld BID nie?? Ek onthou nog toe ons as kinders in die huis gewees het het ons nie by die deur uitgegaan voordat daar vir ons GeBid is nie. Nou se dae mense? Bid hulle nog gereeld en soveel? Soos toe ons klein was? Ek het dit ook eenslag vir ‘n paar mense gevra en hulle het my afgelag!! Ek wonder maar net? Weet ons nog waar kom ons HULP vandaan? Rerig vandaan??? Vra maar net???

leser ·

@doret
met die sovelste leerling moord wat daar is, dink ek die staat moet aangekla word vir moord
dis hulle skulg dat die kinders so hand uitruk

AW ·

Mense Regte. / Human Rights……

We All Know Our RIGHTS !!!

Yet,
We Do Not Know How To Comply With The Law’s Of The Country …..
We Don’t Have Solid Values / Moral / Values…..

We have Parents / Adult Family members that Don’t Have A Lack Of Moral Fiber And Therefore We Fail To Raise Our Children / Youth In Respect Of What Is Right Even If Someone Against It & What Is Wrong Is Wrong Even If Someone Is For It !!!!

Viva Democracy Viva !!!

Santie ·

Sluit die hele groep toe van Madibogo. Want hulle het dan uit gegaan om moeilikheid te maak by Geysdorp. Nou is een van hulle eie makkers dood. Soos ek dit sien. Het Geysdorp se kinders hulle net self verdedig en beskerm.

Boesman ·

So dêm baie daar buite wat altyd kla en nooit sal ophou kla oor “apartheid” nie. Daar was orde en dissipline daardie jare in die skole. Almal skree die regering moet ingryp by en met alles. Die regering van vandag is hopeloos en sleg. Skande!

Jr ·

Nee nou gaan ons hulle straf wat reg is nê maar die klomp narre in parlement word nie gestraf nie. Hulle leer dit van hulle. Hulle dink dis normaal

René ·

Ek stem saam met Santie! Madibogo het uit hul pad gegaan om die Geysdorp kinders aan te val.

Karin Espag ·

Hoe kon so iets ooit gebeur?! Het geen volwassene by een van die twee skole dan iets agtergekom nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.