17-jarige glo in spreekkamer verkrag

Argieffoto (Foto: Parentingupstream, Pixabay)

Ilunga Kalasa (38) se aansoek om borgtog is in die Kimberley-landdroshof van die hand gewys. Hy word daarvan beskuldig dat hy ʼn 17-jarige pasiënt verkrag het.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Noord-Kaap, sê die meisie het op 15 Augustus die dokter se spreekkamer besoek vir ʼn konsultasie. “Sy is glo tydens die mediese ondersoek verkrag. Sy het die spreekkamer verlaat en haar tannie die volgende oggend ingelig. ʼn Saak van verkragting is by die polisie aanhangig gemaak en die beskuldigde is in hegtenis geneem.”

Tydens Kalasa se aansoek om borgtog het die hof gehoor dat die beskuldigde as ʼn mediese assistent gepraktiseer het, en nie as ʼn dokter nie. Die getuienis van die ondersoekbeampte het die hof verskillende redes gegee waarom die beskuldigde se aansoek om borgtog nie toegestaan moet word nie.

Die hof het gehoor dat Kalasa nie by enige mediese raad geregistreer is nie; dat hy nie die regte dokumente het om in Suid-Afrika te werk nie omdat hy die land slegs op ʼn besoekerspermit binnegekom het; en dat hy ʼn onwettige immigrant is.

“Die NVG het die borgtog teengestaan, gegewe die erns van die klagte teen die beskuldigde,” het Senokoatsane bygevoeg.

Die landdros het aan Kalasa gesê dit is in die belang van geregtigheid om nie borgtog toe te staan nie.

Die staatsaanklaer het die hof ook versoek om ʼn saak, waar Kalasa tereg staan op aanklag van seksuele aanranding, by die saak van verkragting bygevoeg moet word. Die aansoek is goedgekeur. Kalasa word daarvan verdink dat hy op 20 April 2022 ʼn 25-jarige pasiënt seksueel aangerand het tydens ʼn mediese ondersoek.

“Die saak is voorlopig tot 26 September 2022 uitgestel vir moontlike bykomende aanklagte teen die beskuldigde en ʼn besluit van die direkteur van openbare vervolging. Die ondersoek in albei sake duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nie Verbaas ·

Mens kan net jou kop in ongeloof skud. Ek is verstom.

Anel ·

Vuulgoed! Kon nie in sy land regkom nie, nou kom pleeg hy sy vuil misdade in ons land!!! Gooi hom in Kimberley se gat!!

Anonymouse ·

Het jy ooit die artikel gelees?! En as jy van mense weet wat toelating kry vir medies met 30%. laat ons asb weet. Ek sal graag meer daaroor wil weet.

miche ·

As die beweerde misdaad wel plaasgevind het ( en sonder haar toestemming), hoekom het sy nie geskree sodat iemand haar Kon hoor nie? Of dit dadelik gaan aanmeld nie? Hoekom wag tot die volgende oggend om dit vir familie te noem?

Nico ·

Na die opening van die saak, doen die beskuldigde nog aansoek vir borg, indien die persoon onwettig in die land is gaan spore maak en verdwyn, die meisie moet nou sit met die hartseer en verdriet.

Swerwer ·

Walglik! Mag hy sit! Wonder of dit nie ook ‘n geval is waar hy sy graad/diploma gekoop het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.