17-jarige in hof ná aanranding by skool

(Foto: pixabay)

ʼn Sewentienjarige seun van Koster in Noordwes word by ʼn jeugsentrum aangehou nadat hy Maandagoggend in die hof op die dorp op ʼn aanklag van moord verskyn het.

Die seun, ʼn gr.7-leerder by die Kgalagatsane Primary School in Reagile, word beskuldig van die moord op ʼn agtjarige medeleerling by die skool. Na bewering het die tiener glo die agtjarige seun op 10 Mei by die skool geslaan, by trappe afgestamp en hom daarna gegryp en verder aangerand.

Die agtjarige seun het nie die voorval by sy ouers of die skoolhoof aangemeld nie en het ook nie sy ma vertel wat gebeur het nie. Hy het die naweek by die huis mank geloop, maar sy ma het gedink iets anders is fout.

Op 13 Mei het die seun uiteindelik sy ma vertel wat gebeur het. Sy is skool toe om die aanranding aan te meld en die polisie is ontbied. ʼn Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is aanhangig gemaak. Die agtjarige is ook hospitaal toe geneem waar bevestig is sy been is gebreek. Hy is in die hospitaal opgeneem en het later daar gesterf.

Die verdagte is in hegtenis geneem en van aanranding aangekla. Die saak is ná die seuntjie se dood na moord verander.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê die saak teen die tiener is vanoggend tot Junie uitgestel. Hy word intussen by die jeugsentrum aangehou.

“Die verdagte is ʼn graad 7-leerder by dieselfde skool [as die slagoffer], maar ons weet nie wat tot die aanval gelei het nie,” het Tselanyane gesê.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Jimmy ·

Dit sê ook nie veel van die onderwysers wat hom al lankal uit die laerskool moes geboender het nie. Die ouers moes ook al opgetree het. Waar was die skool inspekteur? Goeie saak vir burgerregtegroepe om op te neem met die howe.

Ouvrou ·

Op 17 was ek ‘n 1ste jaar student. Wat het hy in ‘n laerskool gesoek?

Jodi ·

Genade en dit is die probleem 17 jaar in graad 7.belaglik!!!!

Johan ·

Hy is sewentien en in Graad 7 ??? Hy hoort lankal nie meer in die laerskool nie…. Hy word dus 18 in Graan 7! Vyf jaar later plus ‘n paar keer se druip sal hy miskien matriek maak as hy so 24 jaar oud is…..

Verantwoordelik ·

Mag mens nie die skool asook distrik ook verantwoordelik hou nie – beslis meer as een maal per fase gedruip – moes lankal in spesiale skoolstelsel opgeneem gewees het?
Ek wonder maar net…

Sarel ·

Skole Inspekteur? Weet enige iemand of daar nog so iets bestaan? Hy sal natuurlik vry gelaat word in due toesig van sy ouers en nog paar kinders aanrand

Boerboel ·

17 Jaar oud en jy is al klaar n’ moordenaar! So op 30 is hy n’ gewoonte misdaadiger.

Judge Dredd ·

Nou weet ons nogsteeds nie van watter komplikasie die seuntjie dood is nie?

Wat betref die 17 jarige – hulle mag deesdae mos nie langer as 2 jaar in ‘n graad wees nie – so die mannetjie het amper elke graad 1 keer gedruip en sou oor so 10 jaar matrikuleer.

Johan ·

Ek dink die mater het baie laat in sy lewe by die skool ingeskryf.
Gaan hy nog steeds by dieselfde skool skool?

Chantal ·

Hoe op dees aarde laat jy toe dat 1. Die kind wat 17 is nog in Gr 7 is, 2. Dat ‘n amper volwasse kind wat in die hoërskool hoort nog tussen sulke jong kinders, seuntjies EN dogtertjies, is?????? Daai kind is veronderstel om albren minste in die hoërskool te wees. Dalk het hy spesiale aandag kofignof iets maar Vader alleen weet. Hy is ‘n jaar weg van “volwasse” wees en hy is tussen daai kleintjies. Watter tipe gedrag leer hy nou jie vir hulle nie en voor jy agterkom is die hele generasie in sy peetjie in. Ag nee regtig. Ek sou wraggies die department aanspreeklik hou dat hulle toelaat dat so groot kind hy kleintjies is. Jammer aan die ouers van die 8 jarige. Hoe hartseer.

Dit se baie ·

Dit laat mens nogal wonder wat die groot kind nog in die laerskool doen. Dit is wat vlgns my gebeur as jy ‘n kind leer dat hy “regte” het. Ja ‘n kind het regte, reg tot onderrig, reg tot beskerming @ seksuele misbruik, mishandeling en wat ook al. Maar nou dink die kinders hulle kan reg in eie hande neem. Nou ontaard hulle in misdagers. Did om van siek te word!!!

Friesperd ·

Die norm in Suid Afrika is veronderstel om die kind se graad PLUS 6 jaar te wees. Wanneer ‘n leerder egter 15 word het die skool en beheerliggaam geen meer wetlike verpligting om so leerder in die skool te hou nie. Die skool en die departement moes lankal opgetree het. Ek hoop die ouers kry die regte advies en volg saak op.

Chris ·

‘n Sewentienjarige hoort gladnie tussen laerskoolkinders nie. Hy het daardie arme seuntjie dalk al lankal begin boelie. Die skool en Dept moet antwoorde gee.

marco polo ·

Is die seuntjie dood agv sy beserings, of agv die behandeling in die hospitaal? Die outjie het 3 dae met n gebreekte been geloop.

James ·

Op 17 het ek al basies gedoen in 1977! Vandat die roede weggeneem is gaan dit uiters sleg, ons het dikwels ses van die bestes gekry! Vandag respekteer ons nog ouer mense en selfs jonges en almal wat ons pad juis!! Polisie sè katz was ook ‘n goeie afskrik middel! Laaities het 2 keer gedink! Die kriminele element het nie die oorhand gehad nie! Boelies in skole sou hul rieme in skole styf geloop het! Maar vandag kom hul weg met alles vir ‘n Lamborgini, kyk maar na die Arnold Scharznecker geval die naweek! My raad is, soos ons groot gemaak is buig die boompie terwyl dit jonk is! Glo dit was daai snotkoppie sè eerste boelie geval nie!

PJC ·

Baie jammer lyfsraf is afgeskaf. Dit het sulke belhamels sommer gou mak gemaak en ook gesorg dat hulle baie vinniger op skool vorder.

Ben ·

Dit is nie afgeskaf nie, seuns van 17 dien nou die lyfstraf toe! Wat n gemors op die S.A skole!

Kiskar ·

En dan wonder almal hoekom laerskool dogtertjies swanger raak???

Anon ·

Die GR 7 leerling kan seker nie 8 jaar oud wees nie?

Baie jammer aan die gesin vir hul verlies.

Db ·

@Anton. Lees asseblief net die berig baie stadig en deeglik voor jy sulke snert kwytraak

Stella ·

Kinders hoef nie meer te presteer nie, kinders mag nie meer geskors word nie en inspekteure bestaan nie meer nie. Kinders het regte en mag sê wat hul wil, hoe hul wil wanneer hul wil en vir wie hul wil en die ouers lyk ook so. Spesiale skole is oorvol.

Boerin ·

Wonder wat se lesufi hiervan! 17 jarige in Laerskool!!!
Te besig om Afrikaans uitteroei in skole en Universiteite !

Regtig ·

Departement van onderwys moet hier verduidelik. Wat soek kind van 17 in laerskool. Met kinders van daardie ouderdom maak jy die boek oop vir mishandeling, verkragting en moord op kinders jare hulle juniors.

Stefanie Zwiegelaar ·

Dit is totaal onaanvaarbaar dat geweldadige 17 jariges steeds in die laerskool is saam met onskuldige kleiner kinders. Die kleiner kinders word afgeknou en nou selfs vermoor. Watter voorbeeld word daar deur so iets gestel aan die kleiner kinders gestel. Ons woon in’n siek sameleweing. Mag die jong seun se siel rus in vrede. Mag God ons en ons kinders bewaar. ?????

Chrisjan ·

1. Die inspekteurs is vervang deur IDSO’s. Dit staan vir Institutional Development and Support Officer.
2. Skoolhoof van daardie skool en die betrokke Distrikskantoor van die Dept van Onderwys was uiters nalatig omdat die 17jarige nog in die laerskool toegelaat was.
3. Ek het in my lang loopbaan as onderwyser nog NOOIT lyfstraf toegepas nie. Dit is nie nodig as jy weet hoe om respek af te dwing en leerders positief te inspireer nie.

Se maar net ·

Ons kan net op ons kniee gaan en bid vir hierdie land van ons!!! Dinge gaan nie beter word nie dis beslis, maar dis die norm vandag, alles word met moord, aanranding, verwoesting en geplunder gedoen net omdat “ons mag”, so wie gaan wat doen????????? Hier gaan ook niks van kom nie

Willie ·

Dit is inderdaad skokkend, dink net n 17 jarige in Graad 7, die arme dogters was seker ook lasting geval.. Dis mos ontoelaatbaar, of is ek verkeerd? Ons vorige president het ook n std 4 of 5, wonder hoe lank was die op skool?

Attie. ·

Met die dat skole so deurmekaar is dink aan appels. Mooi vars appels maak nie vrot appels beter nie, meng hulle en alles word vrot. In hierdie land gaan alle appels vrot word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.