17-jarige in hof oor juffrou se moord

skool-21.jpeg

Argieffoto

ʼn 17-jarige het Vrydag in die Ganyesa-landdroshof verskyn op aanklag van die moord op ʼn 56-jarige onderwyseres, Beauty Siamisang.

Siamisang se liggaam is op 20 Julie 2020 in haar huis in Mmadinonyane in Ganyesa buite Vryburg gevind. Kollegas het op haar liggaam afgekom toe hulle gaan ondersoek instel het ná sy nie by die skool opgedaag het nie.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die beskuldigde is met die slagoffer se selfoon betrap. “Die 17-jarige is geprosesseer kragtens die Wet op Kindergeregtigheid. Hy staan ook tereg op aanklag van verkragting en roof.”

Hy bly in aanhouding tot hy Woensdag, 19 Augustus, weer in die hof moet verskyn vir regsverteenwoordiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Niklaas ·

As hierdie jongman nou al sulke misdade pleeg, wil ek weet wat hy later as 40 jarige sal kan aanvang nie.

Sarel ·

Tragies.. gaan seker in die sorg van sy ouers vrygelaat word

Deon ·

Ons was sewentien toe ons diensplig moes doen, sommege outjies was selfs sestien jaar oud, as daar n “krimenele” daad deur n dienspligtige gepleeg was dan was die manne DB “weermag tronk” toe gestuur. Die 17 jarige wat sulke dade pleeg is nie meer n kind nie en moet dien ooreenkomstig behandel word, regte verhoor, regte tronstraf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.