17-jarige in hof vir moord op gr. 1-seuntjie

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Sewentienjarige seun wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn sewejarige gr. 1-leerder vermoor het, het Vrydag in die hof verskyn.

Kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte het in die Moretele-landdroshof in Temba in Noordwes verskyn. Die saak is tot 27 November uitgestel. Die verdagte sal tot sy volgende hofverskyning in ʼn jeugsentrum in aanhouding bly.

Die gr. 11-leerder is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy Shelton Karuweruwe verskeie kere met ʼn mes gesteek het in die badkamer van die Dikeledi Makapan Primary School.

Die gr. 11-leerder is van Mankala Technical High School. Die verdagte het glo in die badkamer by die laerskool oornag sonder dat enigiemand daarvan bewus was. Die slagoffer was die eerste seuntjie om die oggend die toilet te besoek toe hy aangeval is.

Hy is na ʼn plaaslike kliniek geneem, maar het aan sy beserings beswyk en is dood verklaar. Die skoolhoof kon die vermeende aanvaller aankeer en het hom aan die polisie oorgegee.

Die verdagte het glo die slagoffer geken en was na bewering in ʼn romantiese verhouding betrokke met die graadeen se ouer suster, wat ook ʼn leerder by Mankala Technical High School is.

Na bewering het die paartjie baklei en die beskuldigde het vermoedelik die jonger boetie geteiken.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Joey ·

Hoe siek het ons mensdom geraak. Die onskuldiges betaal gedurig die prys vir siek mense se woede, haat en bitterheid. Sterkte aan die familie. My hart gaan uit na hulle in die verskriklike hartseer tyd en dan die gemis en verlange in die jare wat kom.

Geeltrui ·

Hoe toevallig dat die eerste leerling wat toilet binnegekom het, sy x se klein boetie was. Of sou haar in elk geval die eerste kind wat ingekom het, gelem en gevlug het? Siek!

E ·

Tyd geword dat alle leerders, ongeag ras of skool, by die hekke in die oggend deursoek word voordat hulle die skool binnegaan. Ek word mal as ek stories hoor van kinders wat met messe en dies meer skool toe gaan. Glo vir my dit gebeur in ALLE skole en moet gestop word.

Sarel ·

Wag tot hy 18 word en vervolg as volwassene. Dit het nou norm geword ondien jou meisie of vrou jou wil los dan pleeg jy moord. Hierdie ou was super lafhartig om.die boetie aan te vat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.