’n 17-jarige seun is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy op drie aanklagte van verkragting skuldig bevind is.
Kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, het gesê die tienerseun is glo die jongste gedokumenteerde reeksverkragter in die land se geskiedenis.
Hy was net 15 jaar oud toe hy drie seuns in 2020 in afsonderlike voorvalle in die Katlehong-township naby Johannesburg verkrag het.
Volgens Sello was die tienerseun se slagoffers tussen agt en 10 jaar oud tydens die voorvalle.
Genl.maj. Girly Mbele, waarnemende provinsiale kommissaris, het die swaar vonnis verwelkom en die ondersoekbeampte geprys. “Die vonnis wat die 17-jarige veroordeelde reeksverkragter opgelê is, is ’n bittersoet sukses.
“Ons meedoënlose pogings om die vinnig toename in seksuele misdrywe te takel sal die gemeenskappe se geloof in die Suid-Afrikaanse Polisiediens herstel,” het Mbele gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Hoe lank van die vonnis sal hy uit dien?
17jaar oud, en ‘n reeksverkragter? Dis darem bitter vreesaanjaend. Hoe veilig is ons kinders in die skole?
Siek siek siek verby! Hulle kan nie gehelp word nie. Jammer.
Gaan hy in ‘n maksimum gevangenis sy straf uitdien? Hoop so en hy kry van sy eie medisyne daar.
Sjoe, dis skokkend! En vandag se moordenaars kry nie eers 30 jaar tronkstraf nie… maar hy is nou waar hy hoort. Dis net jammer hy gaan nog jonk wees as hy uitkom.