17-jarige se liggaam word opgegrawe

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Hof in Mpumalanga het ʼn bevel uitgereik dat die liggaam van ʼn 17-jarige seun, wat vermoedelik tydens ʼn aanranding dood is, Donderdagoggend opgegrawe moet word.

Dit volg nadat die polisie ʼn saak van moord begin ondersoek het oor die afsterwe van Lungile Nkosi, wat op 6 September 2018 vermoedelik deur sy ouers en twee broers in Pienaar aangerand is, het kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens inligting tot die polisie se beskikking het die vier gesinslede die slagoffer daarvan beskuldig dat hy sy sussie se selfoon gesteel het. “Die 17-jarige is daarna vermoedelik doodgeslaan en die gesin het nooit die saak by die polisie aangemeld nie. Hulle het ʼn lyksversorger ontbied en gesorg dat ‘natuurlike oorsake’ aangedui word as die oorsaak van sy afsterwe.” Nkosi is daarna op 8 September begrawe.

“Besorgde lede van die gemeenskap het die saak onder die polisie se aandag gebring en ʼn ondersoek is van stapel gestuur. Die verdagtes is in hegtenis geneem en het vandag in die hof verskyn. Hulle staan tereg op aanklag van moord en dwarsboming van die gereg,” het Bhembe bygevoeg.

Die verdagtes bly in aanhouding en sal Vrydag weer in die Kanyamazane-landdroshof verskyn vir ʼn aansoek om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

karen ·

Liewe Vader die arme kind ! sy ouers gang op teen hom !!!! ek wil nie dink hoe ongelooflik verraai hy moes voel in dai oomblike ??? Sy eie bloed …..

peet ·

word n dood sertifikaat sonder lykskouing deur begrafnisondernemers uitgereik?

Ai tog ·

Janee die regte prosedures is van die begin af nie gevolg nie, nou kos dit weer duisende rande om die kind op te grawe en die werklike oorsaak vas te stel, weereens useless polisie en useless prosedures want volgens my kan ‘n begrafnisondernemer nie die kind dood verklaar of besluit waaraan hy dood is nie. Ons hoop maar die waarheid kom uit dat daar geregtigheid vir die kind geskied.

Wilma ·

Dr wie doodsverslag voltooi het en die begrafnisondernemer is ewe skukdig. Ambulans personeel moes hom doodsertifiseer. Dr kani doodsverslag voltooi sonder vorm van ambulans personeel of n verpleegsuster by n inrigting se skrywe nie. Hoop almal ry aan die pen.

Hanna Hoekom ·

Ongelukkig maak geld wat stom is, reg wat krom is!Het jare gelede in n staatshospitaal gewerk en daar is niemand ooit aan MIV/ Vigs dood nie… Die oorsaak was altyd ander siektes, maar nooit die vigskriklike siekte nie. Families het nie kans gesien vir die stigma nie.

Blommie ·

Dis wreed dis al wat ek kan se.
Nou kan die amre kind se siel nie eers rus kry nie.
Dis verskriklik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.