17-jarige sterf in polisiesel

tronksel

Argieffoto.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die dood van ʼn 17-jarige seun wat die afgelope naweek in polisieaanhouding in Mpumalanga gesterf het.

Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, sê Calvin Chiloane is Saterdag dood aangetref waar hy in ʼn polisiesel by die Pienaar-polisiestasie gehang het. Hy het sy skoolhemp gebruik om sy eie lewe mee te neem.

Volgens Dlamini is Chiloane in hegtenis geneem vir die verkragting en moord op ʼn 16-jarige skoolmeisie wie se liggaam vroeër in ʼn vlak graf aangetref is. Hy het Vrydag in die hof verskyn waarna hy terug na ʼn jeugsel geneem is waar hy alleen aangehou is. Hy sou Maandag weer in die hof verskyn het vir ʼn formele borgtogaansoek.

“Die familie van die oorledene is in kennis gestel van sy dood. ʼn Geregtelike doodsondersoek word deur Opod gedoen,” het Dlamini gesê.

ʼn Nadoodse ondersoek sal môre gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Heksie ·

Jare gelede ‘n inscident gehad by Randburg waar ‘n vrou haar met haar rok in die selle opgehang het.
Ryg die kledingsstuk, deur die tralies van of die hek of the diefwering …

J ·

Jy kan jouself met jou veters ook ” ophang” jy hoef nie fissies te hang nie, jy kan dit aan n bed poot vasmaak en nogsteeds so jou lewe neem.

Wielspore ·

Die verkragting en moord deur die beskuldigde het protes aksie in die Nelspruit omgewing veroorsaak en die polisie was onder druk om ‘n arrestasie te maak. Ek glo die beskuldigde het ook geweet dat sy vryheid in die openbaar is nie meer gewaarborg is.
Die gemeenskap sou geregtigheid in eie hande geneem het.

Mos ·

@Wielspore, dis jammer die gemeenskap het nie die geleentheid gekry nie.

Dries ·

Glad nie so moeilik as wat jy dink nie, veral as dit ‘n langmou hemp is

willem Botha ·

Dit is swak van die polisie ,en nou verstaan ek hoekom so baie ontsnap uit polisie aanhouding ,daar is geen toesig ,dit bly hulle sluit die gevangenes toe net na sononder waarna hulle self regmaak vir bed net om die volgende oggend te ontdek iemand is dood of weg.

schaun ·

Ek weet van niemand wat meer respek het vir die polisie nie ,ons almal sien hulle as skurke waarteen ons ons kinders waarsku.Die polisie is daar gestel om te dien en te beskerm in my dorp die hulle die nigeriërs en pakistaniers wat dwelms verkoop en soos ons hier sien kan jy nie eers beskerming verwag in n tronk sel nie.

Elna ·

Daar is darem nog n paar skaars SAPD lede wat hulle werk reg doen en hulle is bitter bitter skaars. Nie almal is vrot appels nie. Dit gaan so reg oor die hele land dansky die ANC.

Muffin ·

Willem Botha wil jy nou vir my se die SAP moet iemand betaal om heel dag en nag iemand moet oppas. Die seun weet hy is skuldig en dus sy eie lewe geneem.

Siener ·

@Muffin. Nee dis deel van die polisie se werk. Die SAP huur al klaar beskermings dienste om die SAP stasies op te pas wat hulle nie self kan doen nie. Die publiek verwag die SAP moet hulle beskerm wat ook nie gedoen word nie.

GM ·

As hy die skuldige is, dan is daar ‘n gedeelte van my wat wil sê: “Een minder moordenaar/verkragter”. Hulle is nie rehabiliteerbaar nie. Die ander gedeelte kry die ouers jammer, maar die moontlikheid bestaan ook weer dat dít juis is waar hy sy onaanvaarbare gedrag aangeleer het.

KRIE ·

Dis baie hartseer veral so jong en die onskuldige kind wat deur dit moes gaan. Voel baie jammer vir die ouer want gee ouer maak hulle kind so groot om die dinge te doen nie. Maar hy het geweet dis verkeerd en 1 saak minder wat jare en jare tyd in die hof sou vat.

zeno ·

Dit was mos sy keuse om hom op te hang,jammer vir Ouers vir die hartseer, maar hy het mos ook ander ouers se dogter vermoor of hoe?

Woedend ·

Hoe is dit die Polisie se skuld? Ek sou mos sê good riddance. Een minder verkragter (en moordenaar) in die wêreld. Sy gewete het hom gepla en toe kies hy die “maklikste” uitweg. Geen simpatie van my kant af nie.

Attie. ·

Die een minister vra mooi dat niemand geboue moet afbrand nie. A ons polisie gehad het sou niemand geboue of enigiets beskadig het nie. Kom ons lag oor die saak want dis nie lekker om te huil nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.