17-jarige stuur glo dreigemente aan ministers

Fikile Mbalula (Foto: ANA)

Fikile Mbalula, minister van polisie, het Vrydag gesê die polisie het ʼn 17-jarige meisie van Gugulethu uitgeken as die persoon wat dreigemente aan ANC-LP Makhosi Khoza en verskeie ander ministers gestuur het.

Mbalula het tydens ʼn perskonferensie gesê ʼn verband is getref tussen die jong vrou en die Demokratiese Alliansie, gebaseer op “inligting wat op sosiale netwerke gepubliseer is”, maar het bygevoeg die polisie het nie enige amptelike bewyse gevind dat sy ʼn lid van die DA is nie.

“Die persoon wat dr. Makhosi Khoza gedreig het, is ʼn minderjarige meisie. Sy is ʼn 17-jarige graad 10-leerling aan ʼn hoërskool in Gugulethu, Kaapstad. Twaalf selfoonnommers wat gebruik is om mense te dreig, is suksesvol na haar en haar ma teruggelei,” het hy gesê.

Hy het gesê onderhoude is ook gevoer met die meisie se ouers, maatskaplike werkers, arbeidsterapeute van die plek van veiligheid waar sy gehou word en ander wat ook slagoffers was van haar oortredings.

“Dr. Khoza het aangevoer die dreigemente teen haar was ʼn gevolg van bakleiery in die ANC. Dr. Khoza het nie aan Suid-Afrikaners die waarheid vertel in hierdie saak nie. Die dreigemente is van ʼn minderjarige kind en [Khoza] was nie die enigste persoon wat só gedreig is nie,” het hy gesê.

Die jong vrou het ook glo minstens sewe ander persone, lede van die nasionale vergadering, gedreig, insluitend minister van kommunikasie Ayanda Dlodlo en minister van maatskaplike ontwikkeling Bathabile Dlamini.

Dlodlo het ʼn saak van intimidasie in Gauteng aanhangig gemaak teen die minderjarige.

“Minister Dlodlo is ook in Julie 2017 op ʼn soortgelyke manier gedreig. Daar is ʼn bykomende ondersoek in Kaapstad waar die slagoffer selfs die hof genader het om ʼn interdik teen die meisie te bekom,” het Mbalula bygevoeg.

Volgens hom het die meisie se pa aan die polisie gesê hy moes gereeld ingryp wanneer die meisie soortgelyke gedrag getoon het binne haar eie gemeenskap.

Die ondersoek het ook aan die lig gekom dat die meisie in 2016 in ʼn plek van veiligheid by Elsiesrivier opgeneem is nadat sy aan die ministerie van maatskaplike veiligheid geskryf het en aangevoer het haar ma “stuur haar na uitlanders vir seks en is betrokke in dwelmmiddels”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Blits ·

Sy is nie DA nie, dit klink meer na BLF se manier. Mbalula klap weer lippe vroegtuidig en lieg weer soos met die kfc mans wat kamstig verbind was met anne aanvalle op swart mense, en grace mogabe wat nie die lans sou kon verlaat nie. hy is erger as n graad r kind wat heeldag loop en lieg

jaco ·

hoekom so enigiemand in die DA vir Dr Khoza dreig? die DA behoort eerder haar standpunt teen korrupsie ens ens te verwelkom en haar ‘n pos in die DA aan te bied. dis tog net n kwessie van tyd totdat sy uit die ANC uitgeskop gaan word.

Toppie ·

William ek hou van daai een oor die gewese springkaan bokke met die geen punte 00000000= 0000

Pieter Ellis ·

Fikile, jy is n uiterste opportunis. Onmiddelik word genoem die polisie het n verband tussen die jong meisie en die DA getref, maar daar is geen amptelike bewyse. Nou jou armsalige mens, waarom dan dit noem. Kry tog eers jou bewyse. Jy is voorwaar n los kanon.

Hendrik ·

Frikkielie is ‘n tannetrekker! Sy moedertaal is leuns…nes ou slewfoot sn! Mbabeluba bloop ja…

Leahim ·

Fikile het bewys dat hy die waarheid verdraai om hom te pas so ??

Johan ·

Fikile lieg kliphard. Die da sou geen baat vind om khoza te dreig om vir zuma te stem nie. Hy moet veel eerder die dlf ondersoek en daar n verbitenis te soek.

Nico ·

Dit laat my dink altyd iemand anders daai dogter moet net die regte advokaat kry

Toppie ·

Fikile het sport opgeneuk toe hy minister van sport was deur sy kwota stelsel en nou neuk hy die.polisie op, wil oral ‘n vrot eier le maar doen niks aan die sinnelose plaasmoorde en bendegeweld nie Grootbek

Toppie ·

Fikile is ‘n regte grapkas arme man leef in sy verbeelding , praat net ‘n klomp tjoll!!!!

Frik ·

Ja die blaam moet op iemand geplaas word. Skielik het dit n politieke issue geword

Aitoggie ·

Ja ne…. As dit n wit kind was het sy in die selle geslaap.

vrikie ·

Ek verstaan Mbalula gaan ook saterdag se toets teen die All Blacks laat ondersoek vir ‘match fixing’

Ronnie ·

Sjym, ou maat, ek dink nie die deursnee Suid-Afrikaner glo jou nie. Maar dit is soos die spreuk lei: As jy die leuen aanmekaar verkondig, word dit later die waarheid.

Dedrie Venter ·

Hoe gemaklik om die DA daarby in te sleep en te blameer, terwyl hy erken dat hulle nie bewyse het dat die DA daarby betrokke was nie, net weer ‘n poging om die DA sleg te laat lyk.

Afrikaanse Knaap ·

Vanweë sosiale media het ek al ‘n verband tussen Fikile en ‘n gemiddelde SA tiener seun van 12 jarige ouderdom getrek. ‘n Tiener seun is meer volwasse, praat minder, doen meer en ek het meer respek vir hom.
Terwyl sy lewe gedreig word deur tiener dogtertjies en hy 50 lyf wagte, verloor duisende Suid Afrikaners jaarliks hulle lewens vanweë sy onbevoegdheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.