17-jarige vas ná Middelburg-meisie se verdwyning

Neline van Zyl.

Neline van Zyl.

ʼn 17-jarige seun is steeds in aanhouding nadat hy Woensdagmiddag in hegtenis geneem is in verband met die verdwyning van Neline van Zyl (13), die laerskoolmeisie van Middelburg in Mpumalanga wat sedert verlede Donderdag vermis was.

Kapt. Khanyisile Zwane, woordvoerder van die Middelburg-polisie, het Donderdag aan Maroela Media gesê Neline is Woensdag omstreeks 15:00 by ʼn gastehuis in die Loskopdam-omgewing gevind.

“Ondersoekbeamptes van die Middelburg-polisie is saam met die meisie se ouers na die Groblersdal-polisiestasie waar hulle onder meer verklarings van die meisie, die 17-jarige seun en sy ma in die teenwoordigheid van haar regsverteenwoordiger afgeneem het,” het Zwane gesê.

Die seun se ma is nie in hegtenis geneem soos vroeër berig is nie. Hy sal na verwagting Vrydag in die Middelburg-landdroshof verskyn op aanklag van ontvoering.

Zwane het gesê Neline het Woensdagmiddag berading van ʼn maatskaplike werker ontvang en is veilig terug in haar ouers, Rudolf en Petra van Zyl, se sorg.

“Maatskaplike werkers sal die gesin bystaan en berading bied indien hulle dit verlang,” het Zwane bygevoeg.

Daar is versoek om die gesin se privaatheid te respekteer.

Maroela Media het vroeër berig ʼn grootskaalse soektog is na Neline, ʼn leerder aan die Laerskool C.R. Swart, van stapel gestuur nadat haar ouers Donderdagmiddag onraad gemerk het. Sy sou ná skool krieket by die Hoër Tegniese Skool (HTS) Middelburg gaan kyk het en daarna na haar dansklas gegaan het. Haar ouers het egter by een van haar vriende vasgestel dat sy nooit by die krieket-wedstryd opgedaag het nie en ook nie by die dansskool was nie.

Lees die vorige berigte oor Neline van Zyl op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Shirley ·

Wat ek net glad nie verstaan nie is die betrokkenheid van die 17 jarige seun se ma. Was sy bewus dat die twee kinders saam was? Was sy by hulle gewees? As sy was is dit nie vreemd dat sy nie die dogter se ouers gekontak het nie sodat sy seker is hulle weet waar hulle kind is???

Loeis ·

Jy vra die regte vrae, Shirley. Die sewentienjarige seun is natuurlik nie veronderstel om self te bestuur nie, wat mens laat wonder hoe hulle van Middelburg tot naby Groblersdal gekom het sonder iemand se hulp, en dit op ‘n skooldag. Dit laat vrae. Hopelik leer die betrokkenes ‘n les hieruit.

Marietjie ·

ek verstaan nie, daar word van ontvoering/verdwyning gepraat, dan het die meisie mos nie uit eie vrye wil saam gegaan. Of kom ek stel dit so, is sy nou ontvoer of nie. En ek verstaan nie die privaatheid respekteer, so iets maak elkgeval opslae, en dan praat almal oor dit. en soos n vorige kommentaar lees, ja lig ons in, dit kan met enigeen gebeur, dat n mens weet oor wat gaan so iets

Dawie ·

Ontvoering kan misleidend wees dit is nie noodwendig beperk tot geweldpleging ens.. In hierdie geval word gewoonlik gebruik gemaak van die volgende definisie van ontvoering ” die verwydering sonder toestemming van ‘n minderjarige uit die sorg van haar ouers / voog met die doel om met haar te trou of om geslagsgemeenskap met haar te hê”. Dit is soos ek dit onthou. Dit word geag dat sy te jonk is om toestemming te gee al het sy vrywillig saamgegaan.

Ghost ·

Dawie stem saam jou. Maar die wette wat so verander word is baie misleidend. Hoe kan n 13 jarige toesteming vir sex gee maar mag nie self besluit dat sy saam iemand gaan kuier nie. Verder moet ek ook se sy kon gese het sy het haar ouers se toestemming om saam te gaan en dan sou die seun se ma miskien nie geworry het nie. Dink net ons wette vir mindejariges moet regtig hersien word en dat die regering besef dat n 13 jarige en selfs 15 jarige maar nog steeds self n kind is.

Grassie ·

M – Volgens ons land se wette word ontvoering gepleeg wanneer ‘n manspersoon ‘n minderjarige meisie sonder haar ouers se toestemming uit hul sorg wegneem met doel om met haar te trou of geslagtelik te verkeer. Dit gebeur met die meisie se toestemming en die ouers of voog is die benadeelde party. Indien die meisie teen haar wil weggeneem word is die misdaad menseroof.
In die gewone volkstaal word die woord “ontvoering” anders vertolk.

marie ·

EK dink sy het vrywillig weggeloop omdat sy probleme by die huis het – soos baie tieners maar het. Sy het iets wat sy nie aan haar ouers kon vertel nie en het toe maar weggeloop omdat sy gedink het dis die enigste opsie. Die seun het probeer help. Wat ek nie verstaan nie is hoekom is hy nou in die moeilikheid? Kan sy nie die waarheid vertel nie?

Helen ·

As mens verwag dat die gemeenskap moet help soek, moet die gemeenskap mos ook weet hoekom en waarom. Het sy vrywillig saam gegaan, of wat? Hoekom is net die seun in die moeilikheid? Klink vir my of dit ‘n (swak) beplande wegloopaksie was.

Anton ·

Ek stem saam toe sy gesoek was was hul privaatheid nie n issue nie, nou is sy gevind en niemand mag weet hoekom sy weggeloop het nie! Die publief is goed genoeg om te help soek maar nie goed genoeg om te weet wat in daai huis verkeerd is nie! Die nes soos met n sekere sangeres elke week in huisgenoot maar as sy haar man onder sy gat skop wil sy dit privaat doen!

Koala ·

Hi sies vir jou Anton.
Moet liewer nie jou mening gee as jy nie weet wat gebeur het nie
Dis baie traumaties vir hulle almal

Ook 'n ma ·

My vraag???? Wir laat ‘n 13 jarige toe om ‘n naeltjiering in te skiet en vaste hoërskool kêrels te hê en dink dinge gaan vlot verloop. In die Middelburg observer vertel die ma van die seun dat hulle haar op ‘n plaad gekry het en dat sy en die seun uit die kar uitgespring het oppad middelburg toe toe sy haar na haar ouers toe wou terugneem. Snaakse storie hierdie. My digter van 13 sal nie fb hê tot sy oud genoeg is om haar eie email adres te hê nie. Sys nog pure baba teen hierdie meisietjie. Speel nog buite en kom vuiler as my seuns in na ‘n lang dag van boomklim en huisies bou!

Sarel Strydom ·

Ja ek verstaan dat hulle vra dat hulle privaatheid gerespekteer moet word. Mense daarbuite, veral hulle wat altyd klippe soek om te gooi hoef niks verder te weet nie. Dit sal wel later uitkom wat gebeur het.

M ·

Ek dink nie mense besef waardeer ‘n ouer gaan wanneer jou kind eweskielik uit jou lewe geruk word nie. Ek dink dit is die ergste ding wat met ‘n mens kan gebeur. Die laaste ding waaroor ek sal worry is dat die mense daar buite moet weet hoekom en waarom.

Retha ·

Dis van “respekteer ons privaatheid” dat daar gemors aan kinders gedoen word reg onder ons as gemeenskap se neuse! Vlek oop die skandes wat ‘n 13 jarige sal noop om “te wil wegloop van haar ouerhuis af!” Dalk is dit ‘n noodkreet van haar vir hulp maar die skuldige party eis “privaatheid”!

Jessica ·

I don’t understand, when she went missing there was no privacy, and know that she been found they want privacy and don’t want the media to know what happened, but it was fine for them to get everyone involved to help look for her, so strange these parents are who cry out for they missing kids, and another thing is i am sure she got into the car herself and was not forced.

Retha ·

Ja Bleek Sannie, ek moet met jou saamstem-verbitterde, nukkerige suur klomp. Ek het 3 dogters alleen grootgemaak met die Here se genade en hulle het al 3 great uitgedraai. Dis nie altyd maklik nie, maar met liefde en leiding en baie genade van Bo is dit moontlik. Die kinders moet weet die wereld daar buite is wreed en hulle moet paraat wees vir versoekings.

Paul ·

Ek verstaan nou nie hoekom die mense in hulle kommentaar nou so aangaan om te weet in detail wat gebeur het nie. Is dit nie maar net “plain” nuuskierigheid nie. Anders as die Karlien van Jaarsveld saga is hier ‘n kriminele oortreding gepleeg en was daar ‘n arrestasie gemaak soos die berig lui. Dit maak dat daar ‘n saak ondersoek word met die ook op vervolging en dat die saak dus sub judice is en nie nie in detail uitbasuin kan word vir ‘n klomp nuuskierige lesers wat niks anders het om te doen nie. Wag vir die verhoor.

Estelle Leeuwner Claassens ·

Die siek soete na sensasie, dit is wat omtrent ieder en elk hierbo omtrent hul persoon adverteer. Twyfel of een van julle bygedra het tot die vind van die meisie.
Kom ons word groot en hou ons nuuskierigheid vir onsself????

Ann Nortje ·

kyk mooi na haar foto. Sou jy sê sy is nog maar 13 jaar oud en op laerskool banke. Toe ek daardie ouderdom was het ek nog wit sokkies gedra. Kan dit wees dat die seun en sy maar nie geweet hoe oud sy is nie?

Anna ·

Se ek ook mos. Ma’moet besef dat hulle nie hulle kinders n guns doen deur hulle beste vriendinne te wil wees nie. Hierdie meisie lyk gladnie soos n laerskool KIND nie.

PIXIE ·

Ja hulle kort elkeen ‘n pakslae maar nou vergeet julle ons mag nie meer slaan nie dit word deesdae aanranding genoem. 13 jaar met ‘n B/F ? Skande.

Bleek Sannie ·

Ek is vandag baie dankbaar. Dankbaarheid is die mooiste gebed. Dankie dat die kind nie verkrag, vermoor of as seksslaaf verkoop is iewers in ‘n vreemde land nie. So baie kinders is dood en vermis. Dankie dat hierdie enetjie oraait is Vader. Help hulle asseblief.

Natie Hattingh ·

Ja soms kyk die mense verby die goeie. Ons kan net dankie sê dat sy gevind is, en lewe. Of sy dit teen haar wil of uit eie wil gedoen het, sê ons weer dankie sy is lewend gevind. En wat nou verder gebeur is n saak tussen haar en haar ouers

Akram ·

genugtig, wat gaan aan met die jeug? dit is skokkend om te sien hoe kinders deesdae optree. ek as ouer sou die kind se ouers gekontak het. sy moes geweet het dat die land opsoek is na haar. dit laat my wonder hoe is die ouer-kind verhoudings in beide gevale. net bly is darm gevind en lewe nog.

Ame ·

Ek glo nie geweld of aanranding is die regte ding in hierdie geval nie – waar het hierdie pragtige dogtertjie (wat nog veronderstel is om kind te wees – pop te speel saam met haar dogtertjie maatjies fiets te ry en op skoolwerk te konsentreer. Ek het 3 seuns groot gemaak (38,35 & 22). hulle sou dit nie waag om die pad te vat nie.Ouers word wakker-wees betrokke en sorg dat jou kind , kind bly “vroeg ryp vroeg vrot”

rina ·

TOE MY DOGTER WEG GELOOP HET SY WAS 15JAAR OUD HET EK HAAR LAAT TOE SLUIT VIR 6 URE. BETYEKERE SOEK HULLE AANDAG. EN WAT EK NIE KAN VERSTAAN NIE HOEKOM KOM NET DIE SEUN IN DIE MOEILIKHEID EN NIE SY NIE. MAAR JA ONS SAL SEKER NIE WEET NIE GELUKKIG IS SY NOU VEILIG.

Francois le Cochon ·

@Rina. Babas, kleuters, peuters, kinders, tieners en volwassenes doen onaanvaarbare dinge om aandag te trek indien hulle dit nie kry nie. ‘n Mens noem dit negatiewe aandag. Mense, wees lief vir jul kinders, gee hulle aandag, en spandeer tyd saam met hulle as hulle dit nodig het. Sit en TV kyk of bier drink langs die braai vuur is nie ‘n verskoning wat ‘n kind verstaan wat aandag nodig het nie.

Francois le Cochon ·

Ai, waars die dae to mense eers ten minste 20 somers agter die rug gehad het voordat hulle ‘n misdaad pleeg!

Silke ·

Hoekom was die 17 jarige seun nie ook as vermis aangegee nie? As betrokke ouer is mens mos veronderstel om te alle tye te weet waar jou kind is, selfs as dit ‘n seun is.

Letisia ·

Haar Facebook profiel dui daarop dat sy amper 15 is, trek nie aan soos ‘n 13 jarige nie. Ek stem saam die Kinderwet moet hersien word.

Se net ·

I just feel that this little girl ( I say little because she is a child) has an online presence that should not be allowed of someone her age. She looks far older than her 13 years. She has suggestive photos of her facebook that would make my 14 year old blush. She clearly has problems at home and with relationship with her parents. On the video neither her mom or dad looked up to speak to the camera. They were ashamed and they were hiding something. How can a child in junior school have a “vaste vriend” which really means long term boyfriend? It was clear from her twitter account that she was unhappy at home. If you do not want the public to know this keep your minor children off social media. Be aware, be involved and be realistic about what is going on in their lives. I am a little annoyed at his story as this girl has clearly run a way with a boy whom is not the boyfriend the mom was talking about. If sex can be consensual at 13 this could not be considered an ubduction. My question is also what this little rant cost the tax payer? I am not judging just saying…

Peet Schabort ·

Gaan lees meer van die 17jarige en hoe die polisie en taakmag deure van inwoners se huise stukkend geskop het op soek na Neline by “Middelburg Observer”.
Ek dink dit is ‘n skande. SAPolisie DIENS ? Waar is die “diens” ? GA !!!!

Elizabeth Kelley ·

Ek het die storie gevolg en het lank gewik en weeg of ek iets moet sê. Dis nie altyd die ouer se skuld nie en sy lyk meer volwasse want ons kinders word op skool al klaar vroeg ryp gedruk. Jy gaan nou graad een toe en jy kan lees en skryf. Toe ons kinders was, het ons in graad een eers geleer lees en skryf. Kinders word van kleins af gesê word asb groot. Ons mag nie meer ons kinders pakgee nie. Die klere word al hoe meer suggestief en geadverteer vir jonger kinders en puberteit begin nou ook vroëer by kinders! Meisiekinders kan die pil kry by enige kliniek en hulle ouers mag nie laat weet word nie. Jong meisies mag vir n aborsie gaan en hulle ouers mag nie laat weet word nie. Seks word in detail by skole nou bespreek en ek as ouer het geen sê in dit nie. Kinders kan nou vrylik seks hê en niks gaan gebeur nie, want die wet is dan agter hulle!! Nou hoe nou? Miskien moet die wette weer hersien word en aangepas word. Miskien kan dinge dan verander! En dan, hoekom wil almal weet wat die rede was? Ek is net bly sy is gevind en veilig by die huis. Healing kan nou begin. Gee die gesin asb privaatheid. Dit het regtig niks met ons te doen nie! Vir Neline se ouers: ek dink aan julle en ek bid vir julle, baie sterkte voorentoe!

Verskillende oogpunt ·

Almal het hulle reg tot ñ opinie, ek self dink sy het saam die seun vrywillig verdwyn. As su die video gekyk het van haat ouers wat pleid dat sy terug kom sal sy breek deur haar pa wat smag na asem of haar ma se onsekerheid. Daar word meer gepraat en gehammer oor weghardloop as ontvoer. As sy regtig ontvoer was, sou die seun nie geld of iets eis van die ouers nie? Hoekom dan in ñ gastehuis? Daar is ñ paar antwoorde wat almal wil hê, maar ek stem saam nie alles hoef aan die publiek gestel word nie, dit gaan ons almal maar net laay wonder. Ja sy mag dalk nie oud genoeg wees vir besluite nie, maar hierdie een het sy defnitief gemaak.

Riette ·

Baie bly sy is gekry maar hoekom hoor mens nooit die storie agter die storie nie nou moet hulle privaatheid gerespekteer word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.