17-jarige vas ná moord op pa

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 17-jarige seun van die Elliotdale-omgewing in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo sy pa vermoor het.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Woensdag by die gesin se huis in die Cwebe-nedersetting gebeur.

Volgens Manatha het die 35-jarige pa omstreeks 11:55 sy perd se saal in die seun se kamer neergesit. Die seun wou nie gehad het die saal moet in sy kamer gestoor word nie en ʼn woordewisseling het ontstaan. Tydens die rusie het die seun sy pa na bewering met ʼn skerp voorwerp in sy bolyf gesteek.

“Die pa is na die Madwaleni-hospitaal gehaas waar hy gesterf het,” het Manatha gesê. “Die seun is in hegtenis geneem, maar is later in die sorg van familie vrygelaat aangesien hy minderjarig is.”

Die seun sal môre in die Elliotdale-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Manatha het gesê die naam van die oorledene kan nog nie bekendgemaak word nie, aangesien van sy naasbestaandes nog in kennis gestel moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Joe ·

Hys vrygelaat in sorg van die familie…maar kan nie die naam sê nie, want die familie is nog nie in kennis gestel nie??mmm…

Louis ·

Ja Joe ek vra ook dieselfde, dinge gebeur net soos dit sekere elemente pas

T.Wak ·

Dis sommer snert dat “minderjariges” wat moord pleeg terug in sorg geplaas word. Jy pleeg n “grootmens” misdaad, jy moet so gehanteer word, soos wat hul in sommige state in die VSA maak, as jy op 15 mense vermoor, gaan jy maar na die groot mens tronk toe!

Sloet ·

Dit maak 100% sin, Joe.
Nie alle familielede woon by hulle in die huis nie. Miskien ‘n broer in Joburg en ‘n sus in Okiep.

LB S ·

Dit gebeur as kinders kinders kry. Hy moes 18 gewees het toe hy al Pa word. Self nog ‘n kind, wat seker gladnie goeie maniere vir sy kind geleer het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.