17-jarige verdrink by Strand

"Strand, 2010" deur Linita Kappetijn (eie werk via Wikimedia Commons)

“Strand, 2010” deur Linita Kappetijn (eie werk via Wikimedia Commons)

ʼn 17-jarige seun het Donderdag by Strand in die Wes-Kaap verdrink.

“Die groep seuns het naby die vasmeerplek geswem toe een van hulle glo in die moeilikheid beland en onder die water meegesleur is,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê.

ER24, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), owerhede en ander dienste is na die toneel ontbied.

Alle pogings om die seun se liggaam op te spoor was tot dusver tevergeefs.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.