17 Nigeriërs in hof ná onluste in Rustenburg

Argieffoto.

Altesaam 17 Nigeriërs wat in hegtenis geneem is in verband met openbare geweld in Rustenburg in Noordwes, sal na verwagting Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die Nigeriërs is Sondagaand in Rustenburg-Noord in hegtenis geneem nadat hulle glo plaaslike inwoners aangeval het. Die geweld hou glo verband met ʼn wraakaanval. Die verdagtes staan tereg op aanklagte van openbare geweld en die besit van gevaarlike wapens.

Die “wraakaanval” spruit glo uit die moord van ʼn Nigeriese man wat na bewering ʼn dwelmbaas was. Sy liggaam is Vrydag in ʼn stroom in Rustenburg gevind.

Twee mans, onder wie ʼn lid van die Tlhabane-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), is in verband met die moord in hegtenis geneem en het Maandag in die Rustenburg-landdroshof verskyn. Die saak is egter nie op die hofrol geplaas nie aangesien die verdediging wil hê dat die polisie die voorval eers moet ondersoek.

In Januarie is verskeie geboue en huise in die Rustenburg-omgewing aan die brand gesteek nadat lede van die gemeenskap glo dwelms en prostitusie op dié dorp ʼn nekslag wou toedien. Die huise is glo dwelmhuise en bordele wat aan buitelanders behoort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anoniem ·

“Pot calling the kettle black”… Arresteer sommer die Suid-Afrikaanse misdadigers wat deel van hierdie netwerke vorm ook!

Coenie ·

Ek voel vir die mense hulle is reg om die dwelmhuise te brand en die skuldiges terug te jaag waar hulle vandaan kom .Ek ken n Nigeriër dokter in pta hy hoef niks te vrees want hy lewer n positiewe diens en hou hom nie op met misdaad nie.

snoefie ·

die dubbelstandaarde van die anc. wanneer wird die vetogers uit eie geledere ook vasgevat en geleer om ander se eiendom te respekteer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.