17 vas ná geweld aan Weskus weer opvlam

‘n Voertuig wat aan die brand gesteek is in Saldanha. Foto: Facebook via Marlene Vermaan Van Staden

Nóg geboue is aan die brand gesteek en talle supermarkte, slaghuise en drankwinkels geplunder nadat gewelddadige betogings in Saldanha aan die Kaapse Weskus Donderdagnag voortgewoed het.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê ʼn kliniek en gemeenskapsaal in Diazville is aan die brand gesteek en talle winkels geplunder. Volgens hom is geboue in Tabakbaai ook aan die brand gesteek.

“Vanoggend het die onluste in die Langebaan-gebied opgevlam, maar die SAPD het baie vinnig ingegryp en dit stopgesit. Dit situasie is tans baie gespanne. Baie valse gerugte oor die betogings doen die ronde, wat daartoe gelei het dat ondernemings tot by Velddrif hul deure gesluit het.”

Die betogings aan die Weskus het Dinsdag in Vredenburg begin toe inwoners van Louwville oor ʼn gebrek aan dienslewering begin betoog het. Sedertdien het die protesoptrede uitgebrei en toenemend gewelddadig geraak met tot 5 000 betogers wat bande brand, paaie versper en geboue aan die brand gesteek het.

Ethne Julius, woordvoerder van die Saldanhabaai-munisipaliteit, het Vrydagoggend aan Maroela Media bevestig dat winkels geplunder is en sê die munisipale biblioteek is ook aan die brand gesteek.

‘n Skermskoot uit ‘n video van ‘n gebou wat aan die brand gesteek is in Saldanha. Video: Facebook

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê daar is gisteraand tien verdagtes, tussen 19 en 48 jaar oud, in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld. Nog sewe verdagtes is vasgetrek op aanklag van sakeroof. “Twee polisievoertuie is deur die betogers beskadig,” het Van Wyk gesê.

Julius sê die situasie is egter intussen in bedwang gebring.

“Die burgemeester [Marius Koen] het gistermiddag met die gemeenskap vergader en ʼn lys van besware van hulle af ontvang. Die gemeenskap sal die munisipaliteit nou die geleentheid gee om die besware te bestudeer en meer inligting te bekom en dan op 22 November weer aan hulle terugvoering gee,” sê Julius.

Sy sê hoewel daar nie tans betogings in die gebied aan die gang is nie, is die situasie steeds gespanne. “Die polisie sal vandag heeldag en oor die naweek steeds die gebied patrolleer. Al die paaie is tans hier oop en polisiebeamptes in die gebied ontplooi, so dit is nie nodig dat die publiek die omgewing vermy nie. Ons vra wel dat hulle steeds op hul hoede sal wees as hulle in die omtrek is.”

Van Wyk het ook bevestig dat lede van die polisie se eenheid vir openbare orde en ander wetstoepassers in die gebied ontplooi is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Hommelby ·

En die dag as “protes optredes” gelyk in elke dorp deur die land uitbreek? Dan sit ons mos met nasionale anargie?

Santjie ·

Ek verstaan nog steeds nie hoe redeneer die mense nie – maar dis seker makliker om goed af te brand wat op die einde tog nodig is (kliniek) as om eerder te help en aan ‘n oplossing te dink. Wat brand hulle volgende want dan kla hulle daar is nie ‘n kliniek nie, maar intussen brand hulle dit? maak nie sin nie.

Anita ·

Ai, hierdie is niks nuuts meer nie, hulle doen presies net dit wat van hulle verwag word, word elke dag aangehits deur hul sogenaamde “leiers” Baie hartseer om te sien hoe ons eens pragtige land daagliks in n pot bollie weg sink

Mark ·

Die regering sal gedagvaar moet word vir sulke skade en geslote besigheidsdae.

Jacques ·

As die mense strafregtelik vervolg gaan word is dit een ding maar ons weet by nou al daar kom niks van die sake nie . Hulle verbrand net hulle eie toekoms op die einde van die dag .
Baie slim , of nie ??

Vincent ·

Wees maar versigtig as jou vakansiehuis leegstaan aan die Weskus…jy mag dalk Kersfees ekstra geskenke moet koop vir die ongenooides wat hul tuisgemaak het in jou huis.

alida ·

As enige party beloftes aan die inwoners gemaak het en dit nie nagekom het nie dan is dit wat hulle kry. Hierdie bollie herhaal homself jaar na jaar. Kry vir julle. Lewer die diens en kom julle beloftes na dan sal daar nie hierdie gemors wees nie.

Goedpraat ·

Alida, ek neem kennis van jou redenasie. Daar is egter meer opgevoede maniere om jou ongelukkigheid tuis te bring. Hul optrede kan nie goedgepraat word nie.

Arak ·

Solank as wat mense kan afbreek sonder gevolge sal dit nie stop nie. Ek is van mening dat die gevangenis gebruik moet word om weer op te bou wat hulle so lekker afgebreek het. Dalk as jy iets opbou sal dit jou waardering gee vir wat daar is. Laat die gevangenis werk, eerder as om heel dag TV te kyk. Ongelukkig hang hierdie oplossings ook af van mense in gesagsposisies wat eerlik/eerbaar is, en dit is gewoonlik waar dinge totaal in die hek duik.

D B ·

En so begin dit. Daar’s geen polisie of weermag meer nie, en hulle weet dit. Hierdie tiepe ding sal in geen beskaafde land toegelaat word nie, maar nou ja, Afrika…daar word nie verniet verwys na “donker Afrika” nie.

Koos B ·

Moet niks weer bou wat vernietig is nie.Laat hulle ver gaan om weer te vernietig en teen die tyd dat hulle daar aankom gaan hulle te moeg wees om te vernietig en te dankbaar wees as hulle iets kan koop.

Dolladine ·

Ek stem saam. Hulle is gewoont dat daar weer nuwe geboue gaan gebou word.

alida ·

Die punt is die ANC leer nie. Hulle maak beloftes en kom dit nie na nie. Die mense word kwaad daaroor maar helaas hulle stem weer vir die gemors.

Hannetjie ·

Hierdie anargiste moet die mense wat hulle ingestem het..in die ‘hande’ kry…en hulle ‘uitsorteer’.

Dolladine ·

Ja hulle word aangekla vir openbare geweld maar wat word dan aan die sake gedoen?Hulle word weer vrygelaat en dan doen hulle dit marnet weer. Hulle weet hulle gaan die geboue regmaak so hulle worry nie.

leser ·

ek stem heelhartig saam met baie van die kommentare, vir wat moet afgebrande geboue, persele, winkels herbou word
laat die skarmunkels wat afbrand werk doen, of trek of ver ente stap as hulle iets wil he, dis mos hul eie skuld, gemors

Herbou ·

Ongelukkig word onskuldige inwoners in die proses benadeel. Daarom sal die noodsaaklike geboue weer herbou moet word.

Nita ·

Hierdie soort optrede gaan net end kry as daar streng opgetree word teen diegene wat afbrand. Dis terrorisme. Hulle moet summier tronk toe vir 6 maande. Sonder verhoor. Geen tyd mors met hofsake of borgtog nie.

Henco ·

Hoe kan ons verwag of glo dat die polisie/regering enigsins anders gaan optree teen grondbesetters as wat hulle tans optree teen plundraars van winkels tydens betogings?

Nodig ·

Hulle het ‘n biblioteek en kliniek aan die brand gesteek. Het hulle dit nie meer nodig nie?

Groen Ertjie ·

Daar kan beslis nie meer plek in die tronke wees nie! Is daar enige nuwe tronke gebou in die afgelope 25 jaar? Catch and release is die orde van die dag.

Hannetjie ·

In Limpopo is ‘n splinternuwe tronk….daar word nou al jarre gewerk aan die ding..kom nie klaar nie

Anoniem ·

“Affirmative shopping” vir die naweek se drank, vleis en ander goedjies.

khat ·

Ja ne ek kry lekker tot in my siel nou kry die rasistiese anc hulle uie medesyne terug so ek se kry vir julle en hoop hulle neuk julle anc stadsrade goed op want julle het kla al die geld laat verlore gaan en geloot so hoop julle ondersteuners brand julle uit julle kantore uit dat julle ook ver n slag werk en nie net plunder nie discovery bank jou beurt is volgense soos sbv bank gaan aan metjou rasistiese belied

Inus Bester ·

Khat, Saldanhabaai is ‘n DA-beheerde munisipaliteit (Wel, DA en ANC is ook maar dieselfe).

CJ ·

Ek sien hierdie tipe optrede en ook die “toemaak” van snelweë as ‘n oefenlopie deur die vyand om te kyk waar en hoe vinnig daar opgetree word. Identifiseer dus swak skakels in die groot beskermings-ketting. Kyk mooi in jou eie ongewing: is meeste van ons nie effe “omring” nie?

Cindy van Wyk ·

Wil net se ek woon en Vredenburg en het Dinsdag oggend my kinders 8.30 by die skool gaan haal uit vrese vir hulle lewens. Hierdie was geen staking nie maar wel n goue geleentheid om misdade en verwoesting te saai, hierdie mense is in busse aangery wat geen belange in die Weskus het. Hierdie is net n bewys dat n staking die skuld kry om misdadeges te bevorder want niks gebeur met hulle, 38 wat Vredenburg polisie stasie aangeval is vrygelaat maar se net iets daar oor en jys rasistes en word in die tronk geprop.

HPV ·

Nee Hommelby, nie anargie maar ‘n volskaalse burgeroorlog. Die meerderheid mense gaan nie toelaat dat hul lewens bedreig word of hul besittings beskadig of vernietig word nie. Koop solank vir jou ‘n brandspuit, watertenk en die nodige selfverdedigings afweer toestelle…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.