17 vas na hul staatskantoor aan die brand steek

Argieffoto

Altesaam 17 verdagtes sal na verwagting Woensdag in die Mmabatho-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklagte van brandstigting. Dit volg na hulle glo die hoof van die departement van ekonomiese sake in Noordwes se kantoor aan die brand gesteek het.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die polisie, sê die Valke saam met lede van die polisie se speurdiens, misdaadintelligensie en taktiese reaksiespan, het die 17 verdagtes Dinsdag in die Ramosadi-nedersetting, digby Mahikeng in Noordwes, in hegtenis geneem.

Rikhotso sê die groep boosdoeners het na bewering na die departement van ekonomiese sake se kantoor gegaan om die hoof te soek. Nadat hulle ingelig is dat die hoof nie daar is nie, het hulle glo sy kantoor aan die brand gesteek.

Rikhotso sê dit word beweer dat die brandstigting met tenderonreëlmatighede verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Friedrich

En môre is hulle uit op borg van R50. Dis mos hoe dit werk in ons mooie wettelose land.

Scalla

Hul straf moet herstelwerk van gebou insluit met strawwe hande arbeid

Jaco

Steek goed aan die brand en gooi klippe as jy nie jou sin kry nie….siestog, hoe primitief.

Sarel

Hierdie mense moet as misdadigers beskou word maar ongelukkig word hulle in SA steeds as slagoffers beskou.

Johannes Andries

Wanneer gaan die Howe tog insig kry en nie net die brandstigters ligweg vermaan met ‘n boete of’ n paar maande gratis verblyf.
Dit is Tyd dat hulle ordentlik gestraf word om lewens lank ten minste 30 tot 50% van hulle salaries oor te betaal vir die skade wat hulle aangerig het. Dan sal hulle verstand kry