Sewentien mense het Maandag in die Durbanse landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn op aanklag van mensehandel.
“Hul saak is tot Dinsdag uitgestel sodat die hof ʼn tolk kan bekom,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.
Die groep is Donderdag tydens ʼn klopjag op ʼn huis in Grosverner-singel in Greenwoodpark, noord van Durban, in hegtenis geneem.
“Altesaam 14 vroue van Thailand, tussen 20 en 26 jaar oud, wat glo vir sekshandel misbruik is, is in die huis aangetref,” het Zwane bygevoeg. “Twaalf van die vroue is onwettig in die land. Dit moet nog bepaal word of die vroue teen hul wil aangehou is.”
Van die 17 verdagtes wat in hegtenis geneem is, is drie mans van Suid-Afrika. Twee van hulle was glo kliënte, en die derde, ʼn 62-jarige man, het glo die onderneming bedryf.
Die verdagtes bly in polisie-aanhouding en staan tereg op aanklagte wat verband hou met die Wet op Seksuele Misdrywe (betaling vir seksuele omgang), geldwassery en die oortreding van immigrasiewette.
Net nog n bewys dat al die immergrante wat hulle so lekker tuis maak in ons land, hier is om die wet te oortree. Sal nooit veranderw ord tot die wet better beheer word oor immergrant in SA nie.