17 vas vir spoed buite Jhb

need for speedʼn 60-jarige man van Bramley is teen 148km/h vasgetrek in ʼn 60km/h-sone, het die Johannesburgse metropolisie gesê.

Volgens hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, is die man op die Goue Hoofweg naby Vlakfontein vasgetrek en in hegtenis geneem. “Hy sal binnekort in die Protea-landdroshof verskyn saam met 16 ander motoriste wat ook vir spoedoortredings in hegtenis geneem is.”

Die motoriste wat in hegtenis geneem is, is by die Lenasia-Suid-polisiestasie aangehou en van roekelose of nalatige bestuur aangekla.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.