17 vas wat glo polisievoertuie met klippe bestook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Sewentien mense is Saterdag in hegtenis geneem nadat hulle na bewering polisievoertuie in Manenberg, Kaapstad, met klippe bestook het.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê polisiebeamptes het ’n 23-jarige verdagte in Thames Walk in hegtenis geneem vir die besit van dwelms toe lede van die gemeenskap begin saamdrom en glo die beamptes se diensmotors met klippe bestook het.

Volgens Potelwa is vyf verkeers- en wetstoepassingsvoertuie in die voorval beskadig.

Die polisiebeamptes het die skare verjaag en 17 verdagtes, tussen die ouderdomme van 16 en 46, is in hegtenis geneem. Die verdagtes sal binnekort in ’n hof verskyn op aanklagte van openbare geweld.

Potelwa het benadruk dat aanvalle op die polisie nie geduld sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Willem ·

17 is niks maak julle reg vir 1700 indien daar nie vinnig verligting kom nie. Die mense wil terug gaan werk toe hulle is honger. Die ANC lede verdien n fabelagtige klomp geld per maand dus steur hulle hul glad nie aan mense se gekla nie.

Jdb ·

Honger vir dwelms? Waarom die polisie aanval as ‘n dwelmhandelaar gearresteer word?

marius ·

Dreig dat dit nie geduld sal word nie , maar as die polisie of weermag optree dan word daar mrk gegil . Die hof het geen afskrikking vir die spul nie .

Jdb ·

Aag asseblief. Wat gaan hulle doen? Die rampokkers is more, na ‘n lekker bord kos, weer op straat.

Sarel ·

Moontlike borgtog of op eie verantwoordelikheidvrygelast word en van die klagtes sal vere kom. Die redes net weer verskoning want hullle sal altyd rede kry vir hulle optrede.
Dit is nou net weerb die Pers wat diecwetteloosheid wil regverdig

Sonneblomkind ·

Lockdown verander almal se gemoed en mense het nie werk nie en daar is nie kos nie…. nou is dit die gereg wat probeer om orde te handhaaf…ai ai ai en jy moet verantwoordelikheid vir jou dade aanvaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.