17 vermeende onwettige myners in Orkney aangekeer

Sewentien verdagtes, tussen 20 en 40 jaar oud, is Vrydag in Orkney, Noordwes deur die eenheid vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in hegtenis geneem in samewerking met die onwettige mynbou-taakspan en die nasionale ingrypingseenheid.

“Die polisie het inligting opgevolg oor ʼn besending kos wat by ʼn ventilasieskag afgelewer sou word deur beweerde sleutelpersone en hul assistente,” het kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, gesê.

“Toe die verdagtes die polisie opmerk, het hulle op die beamptes losgebrand. Die span kon 16 assistente en een sleutelpersoon aankeer. Die skieter het in die skag in gevlug en kon nie in hegtenis geneem word nie.”

Rikhotso het bygevoeg die beamptes het beslag gelê op ongeveer R14 800, onwettige mynbou-toebehore, sowat drie ton kos en ʼn Toyota-bakkie.

“Alle verdagtes sal na verwagting op 21 Februarie in die Orkney-distrikhof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarel ·

Die Argument van armoede ” ons was honger” dit
Regvrrdig enige ootrede

SomeOne ·

3 ton kos word ook nie met ‘ kruiwa aangery nie, die enkele toy ota sou dit nie kon regkry nie, daar moes meer as een voertuig gewees het, of die valkenier het vergeet om die oog klappe af te haal

Hennie J ·

Nou vra ek jou met trane in my oe: Die skieter het die skag ingevlug……………………..As iemand op my skiet en ek is n gewapende polisieman sal ek wragtig ten minste moeite doen om hom aan te keer. Gooi n rookgranaat agter hom aan!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.