17 voertuie betrokke by N12-botsing

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

Altesaam 17 voertuie was vanoggend betrokke in die botsing op die N12 tussen Witbank en Delmas in Mpumalanga wat die lewens van drie mense, waaronder ’n kind, op dié pad geëis het.

Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, was tien motors, twee vragmotors, vier afleweringsvoertuie en een minibus in die voorval betrokke.

’n Bestuurder en twee passasiers het in die voorval omgekom. Een van die passasiers, die kind, was maar twee jaar oud. Een persoon het ernstige beserings in die botsing opgedoen terwyl ’n ander ligte beserings opgedoen het, het Mmusi gesê.

Maroela Media het vroeër berig die botsing is waarskynlik deur swak sigbaarheid weens digte mis veroorsaak.

Die pad was vanoggend kort na die botsing gesluit. Mmusi kon sedertdien egter nie deur Maroela Media bereik word om te bevestig of die pad sedertdien weer oopgestel is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

GR ·

Swak sig en spoed want ons mense kan dood eenvoudig nie stadiger ry as dit reen of digte mis is nie almal is haastig en verkeers reels bestaan nie en baie mense dink as hulle ligte aan is gaan die voertuig se battery pap word

Simpatie ·

Ek het al twee keer digte mis op daardie pad beleef. Dis met een woord skrikwekkend. Die beter opsie vir ons was om te bly beweeg eerder as aftrek. Almal het so 15 km/h beweeg en die liggies voor jou bly volg. Jy voel magteloos en doodbang. Die kettingbotsing is nie noodwendig weens hoë spoed nie. Dit moet baie erg wees om te hoor hoe voertuie mekaar tref en jy kan nie sien nie.

chrisjan ·

Om in digte mis te moet ry IS skrikwekkend.Ongelukkig is daar te veel motoriste wat dink hoe minder hy kan sien hoe vinniger moet hy ry en gou is daar ‘n botsing.Om stil te hou kan lewens gevaarlik wees en word nie aanbeveel nie.mens moet alle ligte aanskakel -hoofligte sowel as enige misligte en ook nood flikkers. Dit maak jou voertuig so sigbaar moontlik vir ander padgebruikers.Volg die voertuig voor jou met ‘n veilige afstand tussen julle.Kyk gereeld in die truspeeltjie om ‘n moontlike gevaar agter joubetyds te sien om van die pad af te duik voor jou voertuig getref word.Dit klink hier baie maklik maar in die werklike siyuasie is dit eenvoudig ‘n gemors.Verkeers mense is hopeloos te min gepla anders sou hulle met die eertste teken van mis op die pad die pad afgesper het vir verkeer aan beide kante en so ongelukke voorkom het. Ek plaas die blaam vir ongelukke agv digte mis op die verkeers owerheid in daai gebied want hulle KON dit verhoed het deur tydig op te tree en die pad te blok..Om ‘n 50km draai te ry en lewend by jou bestemming te kom al is jy laat,is beter as om glad nie daar aan te kom nie.

Delmasser ·

Beleef dit gereeld. Dit IS regtig regtig senutergend. Bel maar jou werkgewer en skool en laat weet hulle jy gaan laat wees.
Party oggende is so erg ons kan nie eers die hek of so ver as die kar se voorkant sien nie.

Chris Ws ·

Die N12 is berug vir digte mis in die oggende op ‘n gereelde basis.Dit gebeur nie maar een maal in 10 jaar nie!So dis die verkeers mense se PLIG om motoriste veilig te hou op daai pad en hoord met die eertse teken van mis dadelik geblok te word in albei rigtings.
Wakker word Mnr.Mbalula!Jy word nie betaal om te dagdroom nie!

Simpatie ·

Tiger, om op die snelweg met hierdie situasie gekonfronteer te word is erg as jy van die Rand af wildtuin toe ry. Jy het oomblikke om ‘n besluit te neem. Op die linkerkant het ‘n vragmotor se sleepwa op die pad gestaan. Jy sien dit as jy amper al teen dit is. Reaksie-tyd was blitsig. Aftrek waar jy nie kan sien nie en waar iemand jou volspoed kan tref, klink vir my erger. Bly net bitterlik gevaarlik. Ek vrees daardie pad.

Lucille ·

Want petrol/diesel is nog nie duur genoeg nie. Ons kry elke dag mense wat 140km + by ons verby jaag.
Almal ry ongelooflik vinnig so hulle het geld om dit te betaal.
Want almal is ongeskik en kan nie net 2 sekondes wag nie

Joe ·

Yes Lucille en dan die mense wat ander se lewens dan in hulle eie hande neem moet aangevat word.

Natan ·

Die spontane ontbranding van steenkool by die oopgroefmyne maak die mis so erg dik. Dit self al tale male beleef en jy ruik die swael. Solank wat steenkool spontaan brand gaan die probleem bly. Ken ook mense wat gesterf het in ongelukke agv hiervan.

Linda van Mosselbaai ·

Mis is erg om in te ry – jare gelede vat ek ‘n dogter met haar verjaarsdag koek van Goedehoop myn na Witbank – al wat ek kan sien is die punt van die volgende witstreep.
Met my noodligte aan vra ek die dogter moet die pad dophou en kyk net vir die flenterjie wit – wat kom net as ek benoud raak………….

PJ ·

Kind was seker weer nie in ‘n stoeltjie vasgemaak nie…????

skurweberg ·

Een motoris wat op ‘n spesfieke moment ‘n verkeerde besluit en 16 ander voertuie se insittendes se lewens word in gevaar gestel. Laat my aan SA die politiek dink of ‘n texi wat deur een bestuurder beheer word met 15 insittendes. Dit is skrikwekkend met wie ons die paaie moet deel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.