170 vas in Uitenhage

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie in Uitenhage het die afgelope week meer as 170 verdagtes tydens operasies vasgetrek.

Volgens polisiewoordvoerder, kapt. Gerda Swart, is die verdagtes in hegtenis geneem op aanklagte van onder meer poging tot moord, roof, aanranding met die doel om ernstig te beseer, diefstal en die besit van gesteelde goedere.

ʼn Totaal van 33 verkeersboetes, ter waarde van meer as R16 500, is uitgereik. “Veertien verdagtes is vir bestuur onder die invloed van alkohol in hegtenis geneem en 46 boetes is uitgereik vir ander alkoholverwante-oortredings.”

Swart het bygevoeg die polisie in Uitenhage sal voortgaan om misdaad in dié gebied effektief te bekamp. “Die SAPD doen ʼn beroep op die gemeenskap om saam met ons te werk om misdaad te verminder, deur waardevolle inligting te verskaf wat sal lei tot die inhegtenisneming van verdagtes, die opsporing van onwettige vuurwapens en die terugvind van gesteelde eiendom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.