175 oor naweek in Jhb vasgetrek

Foto: SAPD.

Altesaam 175 verdagtes is die afgelope naweek in sentraal-Johannesburg in hegtenis geneem in verband met ʼn wye verskeidenheid oortredings.

Kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes is in Mondeor, Booysens, Moffatview, Langlaagte, Fairlands, Sophiatown en Brixton vasgetrek. Die inhegtenisnemings spruit uit misdaadbestrydingsoperasies wat van Vrydag tot Sondagoggend deur die SAPD uitgevoer is.

Daar is onder meer sewe mense vir gewapende roof in hegtenis geneem, ses vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens, twee vir die besit van ʼn gekaapte voertuig, een vir huisroof, vier vir poging tot moord, een vir verkragting, sewe vir die besit van ʼn gesteelde motor, 11 vir algemene roof, vier vir huishoudelike geweld, vyf vir opsetlike saakbeskadiging, tien vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, agt vir bedrog en 26 vir die besit van dwelms.

“Die res van die verdagtes is vir ander misdade vasgetrek wat wissel van aanranding tot dronkbestuur. Die meeste verdagtes sal Maandag in omliggende howe verskyn,” het Mbele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.