18 beseer, een dood toe voertuie bots

Foto: ER24

Talle mense is reeds dié langnaweek op die land se paaie dood of beseer en nooddienspersoneel moet oor die hele land bontstaan om op ongelukstonele te help.

Een van dié ongelukke het Saterdagmiddag op die R54 tussen Fochville en Potchefstroom plaasgevind toe ʼn motor en ʼn minibus reg van voor gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê paramedici van ER24, nooddienswerkers van Noordwes en brandweerdienste is omstreeks 12:00 na die toneel ontbied. By hul aankoms het hulle gevind dat die bestuurder van die motor reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk het.

“’n Swanger vrou in die motor het matige beserings opgedoen, terwyl ʼn driejarige dogtertjie op die toneel kritiek beseer is. Daar word verneem dat die dogtertjie ook in die motor was ten tyde van die botsing,” sê Vermaak. ʼn ER24 Oneplan- mediese helikopter is ontbied om haar na ʼn hospitaal te neem.

Minstens 16 mense wat in die minibus was, is ook op die toneel behandel. Hul beserings het van gering tot matig gewissel. Hulle is later met verskeie ambulanse na hospitale geneem.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gert ·

Dit maak my woedend. En hoor ons ooit die oorsaak van so botsing. Nee, want dit is dan ou nuus. Altyd minibus taxies betrokke.

Liberaal ·

In ons linkse liberale wereld mag nie nie vrae vra nie en maj jy nie mense beskuldig nie.

Gigi ·

….. en na al die verwoesting wat gesaai is, is daar nou ‘n weduwee wat aan haar 3jarige en ongebore baba moet verduidelik dat Pappa nie huistoe kom nie. Hartverskeurend ?

ontstoke ·

ek kan maar net raai die taxi het weer verby gegaan waar hy nie moes nie. ek het sovele taxis gesien wat oor sperstrepe ry en op blinde hoogtes en draaie net eenvoudig van agter verby gaan. somtyds ook as verkeer van voor aankomend is. Dit help nie jy doen alles uit die boeke om n lisensie te bekom en daarna ry jy soos n maniak nie. Jy kan vinnig en veilig bestuur en stadiger soos n blindemol wat alle veiligheid by die venster uitgooi.

Marius Erasmus ·

Minibus wat betrokke is, is soos gewoonlik seker ‘n taxi en het sekerlik ook padreëls oortree..

Cherokee ·

Dash Cams behoort deel te word van padwaardigheid. Indien ‘n voertuig niè ‘n werkende kamera op sy paneelbord het, moet dit van die pad verwyder word. Hierdie is my persoonlike mening wat so pas soos ‘n ‘globe’ verskyn het toe ek weer van ‘n minibus lees.
Dan sal òns sowel as die magistraat nie nodig hê om te raai oor wat gebeur het nie. As vliegtuie ‘n black box kan hê, waarom nie karre nie? Soveel meer passasiers gebruik padvervoer dan lugvervoer.
Ondersteun Cherokee deur te eis dat Dash Cams die black box van padverkeer word.

Oom Jaco ·

Beste voorstel Cherokee, net jammer in wonderlike wetsgehoorsame SA sal meeste taxis nagemaakte R20 kameratjies in die venster hê…

Eddy ·

My pa het my altyd gewaarsku dat verbysteek gevaarlik kan wees.Jy moet absoluut seker wees jy kan dit veilig uitvoer.Ander ding,ek ry nooit vinnig nie.Teen laer spoed kan jy nog reageer en iets voorkom.Wat betref taxis: Dis vakansietyd en meeste trekarbeiders vertrek na hul “tuislande” so taxis is oorlaai en die drywer is oormoeg .

Ig ·

Ek het gister van die Kaap af binneland toe gery en weereens bewus geraak van die totale disrespek vir padreels. Wees maar gereed vir talle berigte soos bogenoemde wat gaan toeneem en ongelukkig gaan dit nog slegter op die paaie gaan met gepaardgaande lewensverliese.

kolla ·

Ongelukkig is taxi’s ‘n moet want openbare vervoer is onvoldoende om die massas te vervoer. Maak die spoedgrens 80km/h vir motors en 60km/h vir vragmotors gedurende vakansietye.

Elna ·

Kolla dink jy dat die taxibestuurders die spoedgrens sal gehoorsaam as ook die spoed vrate en die met gekoopte lisensies?? Ek dink nie so nie. Die meeste ongelukke word veroorsaak deur taxibestuurders met gekoopte lisensies en dronk bestuurders. Boonop is ons land se paaie ook nie van die beste nie omdat die geld wat ons belasting betalers verduister word.

AMS ·

Het vandag self beleef toe ‘n voertuig my verby vat op ‘n dubbel sperstreep met ‘n taxi van voor af. Dit is of die ander bestuurders maar net dink iemand sal wel uit die pad gaan of remme aanslaan as hulle op jou afgejaag kom. En ek weet nie of ek my verbeel nie, maar het uitemate baie swaarvoertuie op die alternatiewe roetes gekry waar hulle eintlik op die tolpaaie mos wees. Verkeerspolisie was wel opsigtelik, ja, opsigtelik onder die brue en onder koeltebome. Weet nie of hulle veel van ‘n afskrik is as hulle net staan en kyk of in die voertuie is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.