18 beseer in Hartswater-ongeluk

Die N18 naby Hartswater in die Noord-Kaap Foto: Google Earth

Die N18 naby Hartswater in die Noord-Kaap Foto: Google Earth

Een persoon is dood en 18 beseer tydens ʼn trompop botsing op die N18 in Hartswater in die Noord-Kaap.

“ʼn Motor en ʼn taxi het mekaar reg van voor getref,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Een persoon was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.”

Botha sê een persoon het kritieke beserings opgedoen en 17 ander het geringe tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en daarna na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie sal die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hannie Klein ·

Te veel (bestuurders) voel dat hulle kan ry soos hulle wil….. Drank, dwelms, selfone, swak bestuursvermoee, arrogansie, oormoeg en diegene wat dink hy’s BAAS oor sy voertuig…. Dan volg ‘n verdere algehele gebrek aan die kennis van padregulasies.. Lisensies word te maklik uitgegee, strenger toetsing moet ingestel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.