18 beseer in ongeluk

Die ongeluk in Pinetown (Foto: Netcare911)

Een vrou is in ʼn kritieke toestand en 17 ander ernstig beseer ná ʼn botsing tussen twee taxi’s Saterdagoggend.

Chris Botha, Netcare911-woordvoerder, sê dit is onduidelik presies hoe dié ongeluk op die M13-oprit in Pinetown plaasgevind het.

Een van die taxi’s het in die ongeluk omgeval en ʼn vrou ernstig beseer toe die bakwerk van die voertuig waarin sy gesit het, geknak het. Botha sê die vrou moes op ’n ventilator geplaas word voordat sy na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is.

Die 17 ander pasiënte se beserings wissel van baie ernstig tot matig.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër vandeesweek ʼn ernstige waarskuwing uitgereik teen nat paaie weens dié naweek se verwagte swaar reën.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pastoor ·

Verbaas my nie. In nat weer die taxis is net afgryslik wats fout met my kommentaar

fransie ·

Foeitog Pastoor – is jy ok??? Jou ongelooflike positiewe en onontbeerlike kommentaar is 2?keer geplaas!!! Whow.

LMF ·

Wow as hul mekaar nou van die pad afhaal dan is dit nou maar so bly niemand is dood nie maar dit is nou maar net 2 minder taxi’s op die pad

Carel ·

Frieda jy het nog nie gesien hoe roekeloos taxis ry nie. Wanneer dit stortreen en die pad is glad, neem taxi drywers die omstandihede gladnie in ag nie, hulle vleg deur die karre asof net hulle erens moet kom. Maak jou ogies oop en kyk ‘n slag rondom jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.