18 beseer in Oos-Rand-ongeluk

Altesaam 18 mense is Sondagoggend in ’n ongeluk in Kempton Park beseer. (Foto: ER24)

Altesaam 18 mense is Sondagoggend beseer toe vier voertuie in ’n botsing by die Zuurfonteinweg- en Oranjerivierrylaan-aansluiting in Kempton Park betrokke was.

Vyf mense, onder wie ’n kind, het kritieke beserings opgedoen.

Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, sê met paramedici se aankoms op die toneel om 08:00 het ’n vragmotor, ’n taxi, ’n ligte motor en ’n motorfiets in die middel van die oorgang gestaan.

“Verskeie mense was om die voertuie rondgeslinger. Paramedici het die pasiënte ondersoek en gevind dat vyf mense, onder wie ’n kind, in ’n kritieke toestand was, terwyl 13 ander ligte tot matige beserings opgedoen het,” het Meiring gesê.

Pasiënte met kritieke beserings is op die toneel van gevorderde lewensondersteuning voorsien. Die kind en ’n vrou is met ’n helikopter na ’n private hospitaal vervoer, terwyl die ander met ambulanse na hospitale geneem is.

Dit is nie duidelik wat tot die ongeluk gelei het nie. Die polisie was ook op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Harley Davidson ·

Daar is ook altyd ‘n taxi bus betrokke van die bestuurders van taxis het so arrogant geword oor die afwesigheid van goeie wetstoepassers dat hulle ry en maak net wat hulle wil sonder vrees vir enige nagevolge.

Christine ·

Taxis en trokke is 99% van die tyd die skuldiges. Doodskiste op wiele.

Nie Verbaas ·

Kyk in hoeveel ongelukke wat berig word is taxis betrokke. Nog steeds sien owerhede nie die lig nie.

Anthony ·

Dis dis nou iets van alles -” n vragmotor, ’n taxi, ’n ligte motor en ’n motorfiets “

Swerwer ·

En nog ‘n “Ongeluk om plaas te vind op wiele” en ‘n Vragmotor. Dit sal nooit stop voor hul nie
die wesens van die pad afhaal nie.l

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.