18 beseer toe bakkie, motors bots

Foto van die toneel. Foto: Verskaf.

Minstens 18 mense is beseer ná ʼn bakkie teen vermoedelik vier motors gebots het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Saterdag omstreeks 16:10 op die N3 in Hammersdale plaasgevind.

Volgens haar kon paramedici vasstel dat al 18 beseerdes insittendes van die bakkie was.

“Die beseerdes het geringe beserings opgedoen en ses is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer,” het Siddall gesê.

Twee ander beseerdes is deur ander nooddienste na die hospitaal geneem.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

anton ·

Hoe op dees aarde laai jy 18 in/op n bakkie?
Weet mense dan nie dat elke voertuig net n sekere hoeveelheid mense/ goedere kan laai nie?
Wel blykbaar nie in S.A nie!!!

MAKLIK ·

Maklik, net soos jy n olifant in n VW kry. Lyk soos n groteer pad, nie grond ook nie teer.

johnny peters ·

ek glo nie hulle het met n chana gery nie. maar kyk hoe lyk die pad.

Casper Labuschagne ·

Ek het op ander nuuswebwerwe na hierdie berig gaan soek en dit is opmerklike hoe hierdie berig verskil van ander berigte met opskrifte soos, “Tweewerkers op boer se bakkie in ongeluk beseer.” Geen kritiek of oordeel in die berig nie, geen verwysings na ander bakkie ongelukke nie, geen vermelding van komende regulasies in die verband nie en geen ministers of vakbonde wat die ongeluk ten sterkste veroordeel het nie. En die rede kan bloot net wees dat hierdie ongeluk nie of ‘n plaasboer of ander werkgewer of die vervoer van werkers behels het nie, dus het niemand hul vlammende swaarde van veroordeling uitgepluk nie. Hier kritiseer ek geensins vir Maroelamedia nie, maar dit is sprekend van ‘n vooropgestelde opinie in ons breë gemeenskap.

Wim ·

Ek mis jou toetentaal. Jy het elders moeilikheid gaan soek en nou maak jy oorlog met jouself.

Piet Pompies ·

Was dit nou voor, gedurende of na die ongeluk……?

humor ·

Hierdie daaglikse beserings kos die die belastingbetaler n massa klomp geld jaarliks.

ne ·

Daar is mos nog altyd plek vir meer……. Die land het mos nie wette nie!

JSG ·

Studente wie ‘n rekord wil opstel deur die meeste mense in ‘n voertuig te kry, kan by hulle gaan leer. :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.