18 beseer toe vyf voertuie bots

Marrion Hill-ongeluk, KwaZulu-Natal op 12 September 2015 Foto: ER24

Marrion Hill-ongeluk, KwaZulu-Natal op 12 September 2015 Foto: ER24

Agtien persone is Saterdagoggend beseer in ʼn ongeluk op die M1 naby Milkywayweg in Marrion Hill, KwaZulu-Natal.

“Provinsiale nooddienste het reeds van die pasiënte begin behandel toe paramedici van ER24 by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Twee taxi’s en drie bakkies was in die ongeluk betrokke. Een van die taxi’s het aan die brand geslaan en die brandweer het gespook om die vlamme te blus.”

Altesaam 18 persone is in die botsing beseer, waarvan vyf kritieke beserings opgedoen het. “Een van die kritiek beseerde pasiënte was die bestuurder van een van die taxi’s. Hy het erge brandwonde opgedoen,” het Meiring bygevoeg.

Die pasiënte is na verskeie hospitale geneem vir dringende behandeling.

“ʼn Omstander wat glo die ongeluk sien gebeur het, het van die insittendes uit die voertuie gehelp en ook begin om die brand in die taxi te blus.”

Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Ek hoop die taxibestuurder wat beseer is sal volgende keer 3 KEER dink voordat hy net ry en maak soos hy wil!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.