18 betogers vas ná geweld in Oos-Kaap

Betogers het drie munisipale geboue afgebrand, waaronder die plaaslike kliniek. Foto: Skermgreep van Twitter-video

Altesaam 18 verdagtes sal Donderdag in die landdroshof op Stutterheim op aanklagte van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging verskyn ná twee dae se gewelddadige betogings op dié dorp, sowat 60 km noordwes van Oos-Londen.

Die oproer het Dinsdag begin toe werklose jong mense van die township Mlungisi die strate ingevaar en geboue van die Amahlathi -munisipaliteit en Amathole-distriksmunisipaliteit asook die plaaslike kliniek afgebrand het, berig African News Agency.

Betogers op Stutterheim in die Oos-Kaap het drie munisipale geboue afgebrand omdat hulle meen die plaaslike owerheid maak hom skuldig aan nepotisme en gee werk aan mense in ruil vir seks of omkoopgeld. Foto: Facebook

Een van die betogers is Dinsdag doodgeskiet in botsings met die polisie wat van 13 verskillende polisiestasies na die dorp opgeruk het. Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die voorval, sê kapt. Siphokazi Mawisa, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder. Sy kon nie Donderdagoggend kommentaar lewer op die voorval nie omdat die saak aan Opod oorgegee is.

Beamptes het rubberkoeëls en traangas gebruik om die skare te probeer beheer nadat betogers hulle glo aangerand het.

Die oproeriges het beweer hulle kry nie werk by die plaaslike owerheid nie weens nepotisme en werkgeleenthede wat uitgedeel word in ruil vir seks en omkoopgeld.

Een van die betogers, Noluthando Ngomane, het gesê die mense wat wel in diens geneem word, is familielede van dié wat reeds by die plaaslike owerheid werk. “As jy nie ʼn familielid [in die munisipaliteit] het nie, moet jy by ʼn amptenaar slaap of iemand omkoop.”

Die dorpskliniek is een van drie geboue wat op Stutterheim in die Oos-Kaap tydens gewelddadige betogings in die slag gebly het. Foto: ANA

Sy sê hulle het verlede maand ʼn versoekskrif aan die Amahlathi-munisipaliteit oorhandig, maar hul griewe het nie aandag gekry nie. “Ek is nie ten gunste daarvan dat mense geriewe aan die brand steek nie, maar as dit die manier is om die owerheid te oorreed om ons ernstig te neem, laat dit so wees.”

Die oproeriges beweer ook die plaaslike burgemeester, Pateka Qaba, is nie ʼn inwoner van die munisipaliteit nie en gee werk aan mense wat van buite die gebied kom.

Mawisa sê die situasie op die dorp is tans kalm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JAWAT ·

wonder hoe hul gaan voel as ons gewone ordenklike mense teen geweldadige optogte gaan begin betoog en hul huise afbrand…..?

Eddie ·

Jawat, ek sit nou juis en dink: jy kry die geboue en die hele dorp in 94 verniet en nog nooit iets by dit opgerig nie maar dan as jy tantrums wil gooi dan brand jy alles af. Volgende week dan brand ons nog iets af want dan eis ons n kliniek op die dorp. Scary.

Marion de Wet ·

Afbrand van geboue kan nooit ‘n oplossing wees nie!

Lee ·

Daar is nie medikasie vir domheid nie. Nou het hulle nie ‘n kliniek nie so nou sal hulle weer betoog omdat daar nie een is nie. Ai maar hulle like van als afbreek en afbrand. Plaas hulle bietjie werk of strate skoonmaak of iets maak met hulle hande om geld te verdien en nie net aanjaag nie!!

Eddie ·

Lee. Lyk my dis te veel moeite om werk te soek, betoog dan eerder om werk te eis en hoop om dit nie eintlik te kry nie. Ek ken nie die dorp nie maar daai gewel gebou lyk my was wraggies iets om te sien en nou is dit verwoes.

Hannetjie ·

Die spul is ‘n klomp blaamverplasers….mos lekker te sit en niks doen….en verwoes

PPP ·

Morê mense hulle moet nie eers daaraan dink om iets weer te wil opbou nie, as dit wat jy het afbrand het jy dit mos nie meer nodig nie, hulle het nog nooit self iets opbou nie, ek hoop van harte almal van hulle word siek.

giel ·

Ja ek sal stem dat die kliniek nie weer gebou word nie. Gaan sien ‘n toordokter om jou met ‘n haaspoot en ‘n fetus gesond te dokter

Hans ·

Dit is hartseer dat historiese geboue vernietig is-onvervangbare geskiedenis. Vertrou die persone ‘n baie swaar opgelê sal word plus n kostebevel asook n paar jaar gemeenskapsdiens.

AW ·

So many different Worldviews & Life Philosophy’s and So many different life Stories…..

Public Violence is the norm of contemporary South Africa.

It is part and parcel of the South African Majority – DNA and Mindset.

After the Destruction, as always, No Partisipant, whether as an individuel or as a collective will accept Responsibility and or be held Accountable.

Should there be one or more, we all know the Sad and Sobbing lies the will tell the Magistrate/ Judge…..

Its not my Fault and I did not do such a thing….

I am the innocent bystander, and as usual, I minded my own good business.

Then also…. Don’t forget the Police brutality….

It’s the Police…

After the Destruction, you the Unwilling Non- Violent minding my own good busines as usual, participant, are worse off then before……

Why Don’t you Destroy and Burn your own property and possessions…..

Because, it’s much more Funn doing so too and with property that does not belang to you and your “Gang”….

Theunis ·

Ek het nog altyd gewonder hoe geboue afbrand ‘n oplossing is. My pa het die hotel op die dorp in die 70’s besit dit is regtig hartseer dat alles so verval.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.