18 gewapende mans beroof sentrum, skiet man dood

18 gewapende mans beroof sentrum, skiet man dood (Foto: Verskaf)

ʼn Volskaalse soektog is Saterdagoggend van stapel gestuur na ʼn groep van sowat 18 mans wat Vrydagoggend twee kitsbanke in ʼn sentrum in Burgersfort in Limpopo beroof, en ʼn veiligheidswag doodgeskiet het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê sommige van die swaar gewapende mans het die R555 na Ohrigstad versper, terwyl ander die R37 versper het.

Ngoepe sê die res van die groep het die veiligheidswagte en ander lede van die publiek beveel om op die grond te lê, terwyl hulle ʼn kitsbank oopgeboor en ʼn onbekende bedrag geld gesteel het.

Een veiligheidswag is tydens die voorval doodgeskiet.

18 gewapende mans beroof sentrum, skiet man dood (Foto: Verskaf)

Ngoepe sê die mans het met onderskeidelik ʼn silwer/grys Nissan Navara-bakkie, ʼn silwer Audi en ʼn wit Volkswagen Golf 6 gery.

Die Navara-bakkie, wat met bloed – dié van ʼn rower wat gewond is – besmeer is, is ná die voorval naby die toneel gevind.

Volgens ʼn betroubare bron wat anoniem wil bly, is die verkoeler van die bakkie raakgeskiet, en het die bakkie daarom byna 20 km verder gaan staan. Daar word ook vermoed dat minstens twee rowers in die voorval gewond is.

“Die bakkie is vol bloed, en ons vermoed dit is omdat meer as een verdagte gewond is.”

Die anonieme bron het ook gesê die veiligheidswag is geskiet ná hy van die toneel wou vlug.

Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

Enigeen met meer inligting word gevra om kapt. Boshomane te kontak by 079 894 5501.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

anton ·

Nee wat, die land is totaal in die hande van opgeleide terroriste!!!
As hulle al so blatant geraak het dat hulle die paaie versper na n dorp, dan is die skrif aan die muur!!! Kleiner dorpies sal sulke rowe meer begin ontgeld.
Hulle blaas nie meer die OTM’S op nie want dan word die geld bevlek nou boor hulle dit oop.
Hulle is altyd een stap voor.
Meesters as dit by misdaad kom!!!

Willem ·

Misdaad? Probeer terrorisme… Hulle beplan dit so goed dat hulle selfs paaie versper, openlik. Ek wonder net wie het op hulle geskiet, of het hulle hul eie makkers raak geskiet toe hulle op die wag los bars?

Mike ·

Van die terroriste was in besit van R4 en R5 aanvals gewere.

Veritas ·

Mike jy weet seker waar hulle dié wapens koop. Defnitief nie by Spar nie.

Ben ·

R4 en R5 is wapens van die Polisie en die Weermag. En daar is jou probleem.

Willem ·

Sowat n jaar terug was die ligmag basis in Hoedtspruit beroof. Dit word baie stil gehou met wat gesteel was omdat dit ‘n skaamte is vir die staat dat hulle nie eers hulle eie goed kan beskerm nie. Maak sense dat daai gewere nou orals versprei en gebruik word…

al ·

Hierdie soort arrogansie raak al hoe meer! Dalk is dit ñ wettelose spul wat bedank of afgedank is en hul opleiding gebruik om die rowe te pleeg.
En vuurwapens wat weggeraak het.
Ek glo die polisie sal dieper ondersoek instel.

Michael ·

18 mans wat was hulle swart wit indier chinees pakistaniers somaliers nigeriers suid afrika het baie groepe mense hoe moet die publiek nou die polisie help met so n beskrywing

Lollie ·

Michael, jy weet mos ons is nie blond nie ons WEET watse ras dit was! Dit is soos om met 1+1 wel 2 te kry

Pastoor ·

SAP SADF bestaan hulle nog. Hierdie tipe terroriste aanvalle word beplan. Is daar nie meer geheime polisie nie. Inligting moet uitlek. Ek weet nie hoe lyk die mall nie. Ons malls het verskeie ingange en parkeerplek op verskillende vlakke. Van die wagte moes weet. Ons het in ons malls wapen verklikkers. Daars oral kameras en n beheer kamer met radios. Hierdie terrosite moes radios gehad het. Die presiesheid is net te maklik. Doen maar die verklikker toets. Hulle sal uitkom. Dit is erger as die Wild west. Moenie julle juweliers ware dra nie. Los wallets in boot toegesluit bere jou kaart in jou skoen. Los selfoon in die boot.

donker duiwel ·

Polisie ? Geheime polisie ? Ha ha ha. Nou laat jy my lekker lag. Wanneer laas het jy ‘n Suid Afrikaanse polisie stasie besoek ?

snoefie ·

die taxies wat die parkeerterrein al toetend op horings neem is n goeie dekmantel om die onheil wat binne aangaan te verdoesel. die kameras was (heel gerieflik) of nog nie geinstalleer nie, of buite werking. baie militaristies met paaie wat versper word sodat die rowers in vrede kan roof.

anton ·

snoefie……..Taxi’s behoort nie in parkeer area van n Mall toegelaat te word nie indien wel is die sentrum bestuur maar baie swak!
Ja ongelukkig kan die kameras soms buitewerking wees of aan gewerk word maar wie almal is bewus van dit? Die sekerheids personeel, so begin by hulle want hulle lek die inligting uit.
En glo my hulle is nie opgewasse teen sulke bende rowers nie en sal hulle ook nie aanvat nie.
Ek vermoed die bende is of polisie of weermag wat die soort roof uitvoer. Die wapens en die militere presiesheid waarmee hulle dit doen.
Ons het hulle mos mooi geleer toe ons die land vir hulle op n skinkbord gegee het!!!

sandile ·

my feeling exactly. veral polisie het alles wat die bende nodig gehad het. is elke otm nie toegerus met n camcorder nie. in steelpoort en burgersfort het die parkeerterreine taxi, smouse en prostitute se mekka geword. snaaks dat hulle nikz gedoen het om hulle terreine te verdedig nie.,

oompie ·

klink na baie inligting van binne banke afkomstig is … en dis opgeleide soldate wat sulke goed beplan en uitvoer … binne en buite hulp …. waarskynlik gesteelde vuurwapens of hul kollegas sin geleen

Cyril Blackburn ·

Dagsê J

Baie dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die oorsig – die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Ronel ·

In die tyd wat ons daar gewerk het was die dorp al onder Limpopo en toe Mpumalanga en toe weer Limpopo ingedeel. Hiehie soos probleemkind niemand wil die kind he ni..

Chris ·

Ek en ‘n vriend van my gesels ‘n hele paar jaar terug en spot oor die “paraatheid” van ons gewapende magte. Ons was op die punt om vir ons of ‘n Cessna Caravan of Cessna 182 by die Zwartkops Lugmagbasis te gaan “affirmative shop”. Ek het nie lank voor die gesprek daar in gery en rondgeloop, sonder dat iemand my gestop of gevra het wat ek daar doen.

Sputnik ·

Dit is nie duidelik uit die berig hoe die rower(s) en deur wie die rower(s) geskiet is nie. Deur die veilgheidswag? Deur die polisie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.