18 in hof oor bedrog met motorlisensies  

hof-hamer

Argieffoto

Altesaam 14 van die 18 verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met beweerde bedrog met motorlisensies, is op borgtog vrygelaat.

Die verdagtes het Vrydag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn waar die 14 beskuldigdes op borgtog van tussen R5 000 en R10 000 vrygelaat is.

Die vier oorblywende verdagtes sal Donderdag weer in die hof verskyn wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Die beskuldigdes, wat ʼn polisiebeampte en administrasieklerke insluit, is in hegtenis geneem ná ʼn ondersoek na beweerde korrupte aktiwiteite by die Lengau-toetssentrum in Bloemfontein en vier private toetsstasies in die Oos-Kaap, Gauteng en Limpopo.

Volgens ao. Lynda Steyn, Valke-woordvoerder, is die verdagtes glo deur lede van die publiek genader wat nie die regte prosedure wou volg om gederegistreerde voertuie weer in die e-Natis-stelsel in te voer nie.

In die geval waar die voertuig ʼn polisieklaring benodig het, sou die lid van die publiek na die betrokke kantoor verwys word en ʼn sertifikaat sou uitgereik word sonder dat die voertuig geïnspekteer is. Dit het ook plaasvind in gevalle waar motoriste ʼn padwaardigheidsertifikaat vir hul voertuig benodig het.

“Ná die afhandeling van elke transaksie het die lid van die publiek ʼn versoekte bedrag aan die beampte betaal om die nodige dokumentasie te bekom.” Daar is glo van R3 000 tot R8 000 hiervoor gevra.

Die beskuldigdes wat op borgtog vrygelaat is, is Motseng Sephana (37), Sister Isabel Segwane Hans (49), Mphikelele Walter Goliath (35), Sphokazi Swapi Mbonda (41), Teboho Morake (50), Tibello Lekale (36), Ralebeko William Sebitlo (31), Lucia Vuyokazi Manga (39), Diau Charles Djaka (52), Ntebaleng Agnes Annah Mahamotsa (37), Ditlhare Moloi Mofokeng (33), Ndumiso Mfanafuthi Mthembu (35), Thobani Mpumwana (35) en Nikkie Keamogetswe (39). Hulle moet weer op 19 Januarie in die hof verskyn.

Die ander vier beskuldigdes wat Donderdag weer in die hof sal verskyn om om borgtog aansoek te doen, is Tumelo Jackson Lesufi (30), Nthabiseng Joyce Nhlapho (35) Boithumelo Abel Mahlatji (31) en Mankwana Robetfta Lefophane (32).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Al WEER uniforms betrokke en dan wil hulle Cele en sy mense meer mag gee! Seker waar die meeste taxi’s heen gaan ook, want genade 99% van hulle is nie padwaardig nie en kan nie eers bestuur nie pffft en veroorsaak soveel ongelukke en dood… Eers die padwaardigheid en nou die motorlisensies nes voorspel is en volgende is seker bestuurderslisensies

Mariana ·

Mees oneerlikste spul. Kan hulle dan niks op die regte manier doen nie. Op elke hoek en draai is ‘n skelm.

Mauritz ·

Opvallend dat daar nooit ‘n van der Merwe, Botha, of iets soortgelyks tussen die spul skelms is nie.

Frederik C ·

Ek nêrens ‘n Van der Merwe of Venter tussen al die vanne nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.