Die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) het altesaam 18 mense aan die Oos-Rand in verband met dronkbestuur in hegtenis geneem.
Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die EMPD, het Dinsdagaand gesê al die inhegtenisnemings is tydens ʼn spesiale operasie oor die naweek in albei rigtings van die N3-snelweg tussen die Barry Marais- en Leondale-afritte gemaak.
“Die operasie is van Vrydag tot Sondag tussen 04:00 en middernag gehou. Tien bestuurders is Vrydag vasgetrek, ses is Saterdag en twee Sondag in hegtenis geneem,” het Kgasago gesê.
Altesaam 16 mense is na die Vosloorus-polisiestasie geneem vir aanhouding en twee na die Alberton-polisiestasie.
“Almal is van dronkbestuur op ʼn openbare pad aangekla. Hulle moet binnekort in die hof verskyn.”
Ek hoop hulle hou baie meer sulke padblokades. Hier is duisende wat bestuur onder die invloed van drank. In Pretoria kan julle al laatmiddag begin met blokkades want ek sien hoe sit bestuurders en drink bier terwyl hulle bestuur. Die wet moet verander na 0% alkohol as jy bestuur. Ek het al baie geluister na my vriende by n braai . Hulle is nooit oor die perk al is hulle moeg geploeg. Hulle skuil met hulle gedrag agter die perk