Soorte resepte:

18-jarige as boereworskampioen aangewys

Delano Jasper (Foto: Shoprite Checkers)

Die 18-jarige student Delano Jasper van Wellington in die Wes-Kaap is aangewys as Shoprite en Checkers se 28ste jaarlikse boereworskampioen.

Boerewors volgens Jasper se resep sal vanaf Vrydag 11 September in Shoprite- en Checkers-winkels landwyd beskikbaar wees.

Die Kapenaar sê hy het nie woorde om sy gevoelens te beskryf toe hy as Suid-Afrika se boereworskampioen aangekondig is nie.“Dit is die eerste keer dat ek ingeskryf het vir hierdie kompetisie, so ek het nie eintlik enigiets verwag nie. Ons het egter ʼn familie-uitdaging gehad om tot by die finale ronde deur te dring.”

Jasper se ma, Yvonne Blaauw, het in 2018 ook met dieselfde titel huis toe gegaan.

Afgesien van die titel van Suid-Afrika se beste boereworsresep het Jasper ook ʼn nuwe Toyota Fortuner gewen.

Maroela Media het vroeër berig vanjaar se Championship Boerewors-kompetisie het vanjaar virtueel voortgegaan weens die Covid-19-pandemie.

Volgens Angelique Wagner, woordvoerder van Shoprite, het honderde mense vir vanjaar se kompetisie ingeskryf. Deelnemers kon hul resepte instuur waaruit lede van die beoordelingspaneel hul 30 gunstelinge gekies het. Daarna was daar ʼn siftingsproses na die top-10.

Die top-10 finaliste se boerewors is geproe en die wenner is aanlyn aangekondig.

Paul Jordaan van Bloemfontein in die Vrystaat het tweede gekom en John Marais van Vredendal in die Wes-Kaap het die derde plek ingeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SwartBees ·

Duidelik het hulle nog nie Kempton Super Meat se wors geproe nie. Dis die ware champion.

ES ·

Awesome! Niks so lekker soos ‘n lekker stuk boerewors op die braai nie!

katerinadiekat ·

Ek sal dit probeer. Lekker om so n knap jongmens te sien. Ek sien sy ma het ook al gewen. Hierdie gesin ken van worsmaak, dis duidelik.

Riana ·

Mooi man!!! Welldone sal beslis van die wors gaan koop en braai????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.