18-jarige, kêrel vas oor moord op ma  

Sharon Fisher is aanvanklik as vermis aangemeld. (Foto: Facebook)

Terese Fisher (18) en haar kêrel, Jamie Botha (19), het Vrydag in die landdroshof op Kroonstad verskyn in verband met die moord op Fisher se ma, Sharon Fisher.

Terese het haar ma weke gelede as vermis aangemeld, maar is Woensdag in hegtenis geneem nadat Sharon (46) se liggaam op Sondag 24 Oktober naby die R721 by Kroonstad gevind is.

Sharon se ontbinde liggaam kon nie onmiddellik geïdentifiseer word nie en is na ʼn staatlykshuis geneem waar haar familie haar later uitgeken het. ʼn Nadoodse ondersoek het die oorsaak van moord as verwurging bepaal.

Sharon is toe verbind met die vermiste persone- saak wat haar dogter op 19 Oktober reeds by die polisiestasie aanhangig gemaak het. “Terese het aangevoer dat sy haar ma die laaste keer op Donderdag 14 Oktober gesien het. Bewyse wat by Terese se huis in Brentpark, Kroonstad, gevind is, het haar egter met die moord op haar ma verbind en sy is Woensdag in hegtenis geneem,” het brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, gesê. “Verdere ondersoek het polisie dieselfde dag na haar kêrel in Morewag in Kroonstad gelei en hy is ook in hegtenis geneem.”

Die twee beskuldigdes is elk op borgtog van R500 vrygelaat en moet weer op 3 Desember in die hof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maggies ·

Waarom is die borgtog vir ‘n moord maar net ‘n skamele R500?
Geen wonder daar is bykans elke dag vele moordberigte nie.

Toy ·

Jou ma skenk lewe aan jou en jy is nou betrokke by haar dood, dit is verskriklik. Ek sal dit net nooit verstaan nie.

Herpiet ·

500 borgtog vir moord maar as jy jouself verdedig dan sit jy

Francois ·

Hulle kry net R500 borg en dadelik vrygelaat maar n wit boer wat jagters se honde doodskiet wat onregmatig op sy plaas jag kry geen borg rassisme op sy beste

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.