18-jarige ontvoer

Oratile Mothibi word sedert Sondag vermis. (Foto: Verskaf)

’n 18-jarige meisie van Noordwes word al dae lank vermis nadat sy Sondag in die omgewing van Taung in Noordwes ontvoer is.

Oratile Mothibi het Sondagoggend saam met haar boetie en nefie, onderskeidelik 11 en 14 jaar oud, na ’n plaas in die Modutung-nedersetting gestap om kos te gaan haal.

Oratile en die twee seuns is egter op pad huis toe deur ’n onbekende man met ’n mes gejaag. Die man het Oratile gegryp. Die man het ook die twee kinders gedreig toe hulle Oratile te hulp wou snel voordat hy met haar op die vlug geslaan het.

Die seuns het dadelik huis toe gehardloop en hulle ouers van die voorval vertel.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê ’n soektog is kort daarna gelas, maar het tot op hede nog niks opgelewer nie.

Oratile het ten tyde van haar verdwyning ’n blou denimbroek, ’n kakie-langmouhemp en swart skoolskoene aangehad.

Mense word versoek om enige inligting oor waar Oratile haar moontlik bevind by kapt. Joseph Montwedi by 082 ‪496 0332 of Stop Misdaad by 08600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jaco ·

Ramaphosa se our people is darem lelik met mekaar. Wat dan nou van Black Lives Matter en human rights en ubuntu?

ONTPS ·

Haar ras verander nie die feit dat dit ‘n kind is wat ontvoer is nie. Ek hoop sy word spoedig gevind

Shakespeare ·

Kader sadisme ontken niks en niemand nie. Welcome to Africa. Still functioning in the dark ages.

Casper ·

Jaco, vir daai matter matter niks vir hulle nie.Dit gaan alles oor iets wat in Amirika gebeur het.As dit ‘n swart polisieman was wat ‘n blanke vermoor het sou niks gebeur het nie.Dit is alles oor politiek en Mthethwa wil iets bewys nugter weet wat.Een ding weet ek verseker as ek so na haar klere drag op die foto kyk is sy definitief verkrag en toe vermoor deur ‘n seksmaniak.Niemand het die reg gehad om so iets aan haar te doen nie ongeag haar klere drag.Hoe ernstig is die regering oor geslagdgebaseerde misdaad.So ‘n sekspes moet glad nie borg kry nie.

Ontnugterde senior ·

Hierdie ontvoerings maak mens skoon paranoies (verskoon spelling). Ek raak paniekerig as ek saam met my kleindogters in winkel is en ek kan hulle nie onmiddelik sien nie.

Benn ·

Dit is vreeslik om so te wag vir ‘n geliefde wat weggeraak het. Die senarios wat in jou kop afspeel is genoeg om jou mal te maak. Baie sterkte aan die familie. Ek hoop sy word spoedig gevind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.