18-jarige vas oor man se moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 18-jarige is Sondag in Diepsloot in Gauteng in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 45-jarige man.

“Die tiener het glo die man Saterdagaand in dieselfde gebied met ʼn mes aangeval,” het ao Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die soektog na die tiener het direk nadat die voorval aangemeld is, begin. Polisiebeamptes het hom omstreeks 02:30 by sy ouerhuis opgespoor toe die span vir die derde keer daar opgedaag het.”

Na bewering het die verdagte ingegryp toe die oorledene en die verdagte se vriend begin baklei het. Hy het ʼn skerp voorwerp te voorskyn gebring en die slagoffer in die bolyf gesteek. “Die man is met sy aankoms by die plaaslike brandweerstasie dood verklaar,” het Mavimbela bygevoeg.

Die tiener staan tereg op aanklag van moord. Hy sal na verwagting binnekort in die Randburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Waarom is ons Suid-Afrikaners so moord-behep? Kan hulle niks op ‘n beleefde manier oplos nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.