18-jarige verdwyn buite motorhandelaar

Deane Duminy (Foto: SAPD Vrystaat)

Die polisie in Kroonstad versoek die gemeenskap se hulp om Deane Duminy van Heilbron op te spoor. Sy is op 2 September 2022 laas saam met haar ma gesien wat haar motor vir ʼn diens by ʼn motorhandelaar ingedien het.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê die 18-jarige en haar ma het van Heilbron na Kroonstad gery waar hulle die motor wou laat diens. “Die ma het in die handelaar se kantoor ingegaan om vorms in te vul. Haar dogter Deane het buite in die motor sit en wag.”

Toe die ma terugkeer, was haar dogter egter skoonveld. “Sy het dadelik haar selfoon gebel, maar dit was afgeskakel. ʼn Soektog is van stapel gestuur, maar dit was tevergeefs. Die ma het haar daarna as vermis aangemeld by die polisie.”

Deane het ʼn swart denim en langmou grys trui aangehad.

Enigiemand met inligting oor waar sy haar bevind word versoek om die ondersoekbeampte, ao. Cornelias Moalusi te kontak by 071 898 2298.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Alma ·

Koue rillings! Hoe kan so iets gebeur? Hoop regtig daar is n storie agter die storie en dat sy iewers by vriende/kerel is… eerder as die alternatief. Mag sy vinnig gevind word.

Jaco ·

In 2022 in dié misdaad-besmette land moet jy 200% versigtig wees. Sluit deure, hou vensters toe. Dubbel check alles. Ek wens ek kan hier wegkom. Familie uit Perth in Australië was onlangs by my. Hulle lag vir ons wat alles sluit en ons huise soos tronke laat lyk.

Christine ·

Gedurende covid-tyd het die Australiese polisie op hul gewone mense geskiet wat nie die jab wou vat nie. Hulle is die laaste mense om vir ons te lag.

Faraway ·

Geen kameras op perseel of in straat nie?
Kan selfoon netwerke nie dadelik ingespan word om foon te trace nie?

Frank John ·

Thank You Lord Jesus, please protect the youngster. In the Name of Jesus I bind the evil that is trying to ruin her life. Thank you Lord Jesus Christ.

M ·

Ai tog … hoop sy is veilig …Ek kan alleen maar ernstig bid …

Rocco ·

Was jy al op die toneel, Cele? Misdaad is nou ‘n permanente werk vir party in Suid Afrika

Louise ·

Sy het toe huis toe gekom. Lekker gejol die naweek. Ek deel nie meer “help my soek” berigte van tieners nie. Almal help soek, deel berigte, maar nou mag niemand weet wat gebeur het nie en hulle privaatheid moet respekteer word. Wat van respek vir die mense wat jou gehelp het om jou kind te soek. En indien iemand onder spesifieke omstandighede verdwyn kan almal daarby baat om agterna te weet wat gebeur het, om jou paraat te maak.

Nico ·

Nou word die gemeenskap deur die polisie versoek om te help, wat maak Cele nou, hy weet nie wat om te doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.